'n Wit ligtent is die ideale hulpmiddel om in te span as jy kleinerige voorwerpe of stillewes wil afneem. Die lig skyn van buite af deur die dun materiaal in die ligtent, en weerkants dan aan die binnekant teen al die wit kante om jou voorwerp te baai in sagte, egalige lig sonder skerp skaduwees. Dit beteken dat 'n mens baie lig uit selfs net een klein ligbron kan kry.

 

Jy kan self 'n ligboks maak uit 'n ou kartonboks en dun wit tissuepapier, soos hierdie een:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

(Foto van: http://teamquiltsy.blogspot.com/2009/04/setting-up-mini-photo-studi...)

 

Hier is stap-vir-stap instruksies vir 'n DIY Lightbox:

 

http://strobist.blogspot.com/2006/07/how-to-diy-10-macro-photo-stud...

 

Jy kan ook 'n opvoubare ligtent soos hierdie een koop:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

(Gekoop by: http://www.camerastuff.co.za/shop/hylow-80cm-square-light-tent.html)

 

Die ligtent kom saam met agtergronde in 'n paar verskillende kleure (gewoonlik wit, swart, rooi, koningsblou) wat met Velcro aan die binnekant van die tent vasgesit kan word.

 

Gaan soos volg te werk om met jou ligboks/ligtent te begin eksperimenteer:

 

Stel jou ligtent op 'n tafel naby 'n groot venster op. Jy kan selfs net die daglig van die venster gebruik om jou ligtent te verlig, of jy kan een tot drie gewone verstelbare lessenaarlampies gebruik. Neem jou foto's in RAW en stel die white balance agterna reg in Lightroom of Photoshop, of stel jou kamera se white balance op Tungsten. Jy kan een lampie aan die regterkant van die tent plaas, of een aan elke kant, of jy kan 'n derde lampie van bo af ook laat inskyn. As jy 'n wit agtergrond gaan gebruik, kan jy ook 'n lampie agter die tent sit om jou wit agtergrond mooi spierwit te maak.

 

As jou kamera 'n Wireless Flash-funksie het, kan jy ook een of twee flashes af van die kamera gebruik om die ligtent te verlig, soos hier:

 

http://strobist.blogspot.com/2006/07/how-to-diy-10-macro-photo-stud...

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek het gevind dat Custom White Balance ook baie goed werk om die wit spierwit te laat uitkom, en nie grys nie. In my kamera (Sony A100) word dit soos volg ingestel:

Stel die kamera op Spot Metering en kies dan Custom White Balance uit die White Balance menu. Kies "Set" deur die controller se regs-pyltjie te druk. Druk die middelste knoppie van die controller. “Use spot metering area.  Press shutter to calibrate.” sal op die skerm verskyn. Kyk nou deur jou kamera se viewfinder en rig die ronde sirkeltjie in die middel op 'n mooi spierwit deel van die agtergrond. Druk die sluiter om die meterlesing vas te lê, en druk die middelste knoppie van die controller om die instelling te berg.

 

Sit jou kamera op 'n driepoot. Gebruik Spot Metering en neem die lesing van jou voorwerp af. Vir 'n wit agtergrond kan jy nou bietjie oorbelig, vir 'n swart agtergrond bietjie onderbelig - of gebruik die "bracketing"-funksie van jou kamera. Jou voorwerp moet so ver as moontlik van die agtergrond af geplaas word sodat die agtergrond uit fokus is en tekstuurdetail van die materiaal nie sigbaar is nie. Nou kan jy inzoem of 'n groot lensopening gebruik om die agtergrond verder uit fokus te kry. Die ligtent werk ook baie goed vir makrofoto's. Dis die ideale projek vir 'n reënerige of winderige dag - bring die blom, blaartjie of selfs gogga binnetoe, sit dit in jou ligtent en jy kan na hartelus makrofoto's neem!

 

As jy 'n kers of lampie teen 'n swart agtergrond afneem, kan jy net die vlammetjie as ligbron gebruik. Gebruik Spot Metering en neem jou meterlesing van 'n deel van die lampie of kers waarop die lig weerkaats word, nie van die vlam self nie - anders gaan jou foto heeltemal onderbelig wees. Vir hierdie foto het ek die meterlesing geneem van die weerkaatste lig voor regs op die lampie se voetstuk:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Weer eens is 'n driepoot onontbeerlik, want jy gaan 'n stadige sluiterspoed moet gebruik om genoeg lig te kry. Jy kan ook die 3-second self-timer gebruik eerder as om die sluiter af te druk, om kamerabeweging te voorkom.

 

Jy kan ook agterna verstellings maak in Lightroom, Photoshop, Paint Shop Pro of Gimp om 'n spierwit of pikswart agtergrond te kry. Ek gebruik Paint Shop Pro, en die "command" hiervoor word genoem Black and White Points (onder Adjust - Color Balance - Black and White Points). Suiwer wit het 'n RGB-waarde van 255, en suiwer swart 'n waarde van 0. Maak seker dat die Desired Color-blokkies RGB-waardes van 255 (wit) en 0 (swart) het voordat jy begin.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Om die wit op die foto ligter te maak, kliek op die druppertjie onder White en beweeg dit oor die wit gedeelte van die foto. Kliek nou op 'n deel wat nie 'n suiwer wit waarde van 255 het nie om dit spierwit te maak. Kliek op OK. Hou aan om met die druppertjie te kliek op dele wat nie mooi wit is nie, totdat jou hele agtergrond spierwit is. As jy nou met die druppertjie oor die wit agtergrond beweeg, behoort hy orals 255 te wys. 

 

Gaan op dieselfde manier te werk vir 'n swart agtergrond - gebruik die druppertjie onder Black en hou aan kliek totdat die hele agtergrond 'n waarde van 0 vertoon.

 

As jy vind dat die verstellings die ander kleure op jou foto te onnatuurlik laat vertoon, moet jy net die swart of wit agtergrond selekteer sodat jy net daarop verstellings kan maak.

 

Photoshop en Gimp behoort soortgelyke "tools" te hê. In Lightroom kan jy op die Tone Curve die wit ligter maak of the swart donkerder maak.

Views: 246

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by sonja grobler on April 16, 2012 at 8:27pm

ai om te dink mens het net 'n nederige boks nodig! Dankie Martie gaan die een defnitief probeer

Comment by Gerhard Beukes on April 5, 2011 at 4:58pm
Dankie Martie, jou blog het my geinspireer om ook een te bou en ek het dit vanoggend gedoen en my eerste foto in geplaas hier op fotoskool, onder die tema van 'n korreltjie sand. dankie vir die raad dit het my baie gehelp
Comment by Igno van Niekerk on April 2, 2011 at 7:48pm
Hallo Martie! Puik blogpost. Baie dankie - ek dink ons almal weet sommer heelwat meer van ligtente af na hierdie ene!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html