Ek het, met die skoonmaak van my rekenaar, my fotoprogram verloor en moet dus weer een aankoop. Wil graag weet watter programme jul sal voorstel en waar ek navrae kan doen daaroor.

Views: 133

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on January 19, 2014 at 11:28am

Hi Gerhard

Soos jy weet het Photoshop te duur geraak vir die gewone man. Die alternatiewe is Photoshop Elements (so R1300) en Lightroom (so R3000+, as ek reg is). Beide is uitstekende programme. Ps Elements is die een wat ek aanbeveel omdat dit bekostigbaar is, verbruikersvriendelik en dit laat layers en masks toe. Dis ontwerp vir die amateur fotograaf wat net sy eie foto's wil verwerk. Lightroom dien dieselfde doel, maar is meer gemik op die professionele fotograaf. Groete,

Hennie

Comment by Nicolaas Marthinus van der Merwe on January 17, 2014 at 8:22am

Hi Gerhard,

Ek het Lightroom 4 en vandat ek hom gebruik het ek nog nie weer Photoshop elements gbruik nie. Ek dink dit hang af van wat jou behoeftes is. Gaan kyk by die link wat mense se die verskil tussen die twee is:  http://forums.adobe.com/message/4855749 Groete

Comment by Paul Combrinck on January 16, 2014 at 5:14pm

Hallo Gerhard, GIMP is ook 'n program wat gratis afgelaai kan word van die internet.

Comment by Tina le Grange on January 16, 2014 at 1:44pm

Gerhard ek het Picasa gratis van internet afgelaai en vind dit 'n sinvolle en maklike program en dan het ek ook Photoshop Elements 11 maar is nog nie volkome vertroud daarmee nie.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html