Dis interessant om te sien wat 'n mens alles verder met jou foto's kan doen deur hulle met teksture te kombineer. Daar is baie gratis hulpbronne op die Web hiervoor.

 

Kim Klassen het hier oulike video-tutorials wat jou wys hoe om te werk te gaan:

 

http://www.kimklassencafe.com/free-video-tutorials/

 

Teken in op haar Texture-lovin' List (bo regs op haar webblad), en jy sal gereeld pragtige gratis teksture per e-pos ontvang.

 

Bea Pierce op Flickr het ook 'n hele paar mooi teksture wat 'n mens kan aflaai:.

 

http://www.flickr.com/photos/beapierce/

 

Hier is 'n paar voorbeelde:

 

Die eerste twee teksture is van Kim Klassen, en die derde een van Bea Pierce. Ek het in Paint Shop Pro die tekstuur as 'n layer bo-op die foto gesit, en dan die layer blending modes gebruik (meestal Multiply) en die opacity 'n bietjie afgebring na tussen 75 en 95, totdat die beeld vir my mooi gelyk het.

 

Views: 132

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on March 6, 2011 at 11:42am
Baie dankie, Martie! Groete, Igno
Comment by Dana Pienaar on March 6, 2011 at 9:52am
Dankie Martie vir hierdie bietjie waardevolle navorsing. Ek gaan beslis haar webtuiste besoek en inskryf. Hoe meer nuwe idees 'n mens van toepassing kan maak op jou stokpertjie, hoe beter. Doen so voort !!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html