Foto’s is die venster van ‘n fotograaf se hart.!!!!!

Foto’s is die venster van ‘n fotograaf se hart.


Foto’s is nie net prentjies van iets wat  mooi  lyk op ‘n spesifieke oomblik nie.   Foto’s vertel ‘n storie. ‘n Storie van wat deur die oë van die fotograaf gesien word. Die wat daar na kyk sal dalk nie dieselfde voel en sien as die een agter die kamera nie.

Foto’s van kinders is die kosbaarste geskenk wat jy eendag vir jou kinders kan nalaat.  Die bewyse van wat gebeur het, die goeie tye, die seer tye en die tye van  grootword.  Foto’s is gevoelens van wat jy voel.  Jy sal merk dat die dag wat jy goed voel jy goeie foto’s neem en die dag wat jy af voel jou foto’s jou gevoelens weerspieël.

Foto’s   is ‘n bewys van liefde, ‘n bewys van wat God wil hê ons moet sien en waardeer. 

Moenie jou talent om foto’s te neem  begrawe nie, leef dit uit na die beste van jou vermoë.

 

Groete   Antoinette Marx

 

Views: 138

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Selma on June 1, 2011 at 6:06am
Dit is so waar Antoinette.  En jou foto's vertel 'n storie.  Ek vind dat ek nie elke dag van dieselfde foto's hou nie.  My gemoedstoestand het baie te doen met die wyse waarop ek na 'n foto kyk.  Vir my sal foto's neem altyd uit my hart kom.  (Maar ek sal ook daarvan hou dat dit goeie kwaliteit moet wees. :-) )

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html