Ek loop nou al lank met die gedagte om Fotoskool bietjie interessanter te maak vir ons, en dit is om een temafoto per dag... vir een week.. te plaas saam met jou ander twee foto's. Ons kan 4 voorstelle gee, se maar 'n maand vooruit vir plasing, of Igno kan besluit wat die week se tema gaan wees bv. kleure, berge, kos, blomme, mense wat werk, abstrak, deure ag daar is so baie. Daardeur kom ons in aanraking met landskappe, makro, en al die genre's wat ons bv nie sal aan dink om af te neem nie. So bevorder ons ons eie kennis van fotografie in 'n wyer opset. Ek het bv. gladnie blomme afgeneem nie tot ek hier beland het en met al die fantastiese foto's wat my nuuskierigheid geprikkel het. 

Dan wil ek jul opinies vra i.v.m. kommentaar foto's op 'n onverwerkte foto - net soos jy dit geneem het. So kry ons oefeninge hoe jy 'n foto kan verander, sinvolle kommentaar te gee met klein dingetjies wat jy nie eens aan gedink het nie. Wat ek voorstel is, om se maar een fout bv krop,iets uitvee, kontras ens. net een maal te plaas en nie weer te herhaal nie. Dit hoef ook net een per week gedoen word. Dan moet die foto gemerk word vir Hennie om nie kommentaar daarop te lewer nie.

Dit is 'n oop bespreking om julle idee's te hoor, raad te gee, of as jy nie saamstem nie is dit goed so. Jy hoef gladnie onder verpligting te wees om deel te neem nie, dit moet sommer net 'n lekker oefening wees. (Jy hoef ook nie die toets deur te kom nie, ons gaan nie eksamen skryf nie... dis nou tong in die kies :-)

Dit is nou in ag genome met ons Skoolhoof.. Igno se toestemming.

Laat waai maar met julle voorstelle of afkeure

Views: 420

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Anita du Toit on February 18, 2014 at 5:37pm

BAIE DANKIE Vida, jy weet maar nie hoe welkom al die idee's is nie, ek waardeer dit verskriklik baie.

Comment by Vida van Schalkwyk on February 18, 2014 at 8:29am

Hallo Anita, het aan nog `n paar weektemas gedink wat jjy dalk kan gebruik: deure/hekke/ingange,  hande,  skoene,  treine,  kerkklokke,  kameras/fotograwe,  hoede/pette,  tasse/handsakke,  in ouma se vertoonkas,  handvatsels,  op die solder,  masaiekwerk,  teepot/teekoppies,  juwele,  blikke,  reptiele,  ouma/oupa,  sout en peperpotjies,  kampuslewe,  groot damme/damwalle,  name van vakansiehuise, voetspore,  koffiebekers,  eerste aksie.. na opstaan in die oggend,  oë,  blare,  by die troue...,  preekstoele,  vensters,  sleutelhouers, brug/pad,  kinderpartytjie.  Hoop jy kan iets hiervan gebruik.  Lekker dag vir jou!! groetnis

Comment by Tillie Beaton on July 29, 2013 at 8:39am

Anita, ek het so 'n ruk terug vir my 'n document gemaak met meer as 60 idees.  As jy vir my jou email adres gee, sal ek dit vir jou email en dan kan jy dit bywerk met wat jy het.  Ek hou baie van die idee, want soos jy sê, mens moet jouself bietjie challenge.  Ek is seker die skoolhoof sal saamstem!  :)

 

Comment by Anita du Toit on July 28, 2013 at 6:58am

Dankie Adri vir die wenk van Makro, dit is ook 'n tema wat nie almal beoefen nie en hoogs bevredende onderwerp is, ons sal dit in die nabye toekoms inwerk. Hou net die FORUM dop vir die temas.

Comment by Rean3 Keuler-Nortje on July 26, 2013 at 3:30pm

Dit kan ons almal seker op ons tone hou, en dwing om ons kameras ten volle te benut. Sal lekker wees

Comment by Doretha Kock on July 25, 2013 at 2:57pm

Anita, ek het aan nog 'n paar temas gedink, wat jy in die agterkop kan hou.  Kielie die lagspiere, Delikaat of Broos, In die agterplaas, Geskenke van die Natuur, Energie, Nuwe lewe, Blou Maandag, Ongewone vorms, Troeteldiere.

Comment by Pieter Steyn on July 25, 2013 at 8:37am

More aan almal

Anita het jy die verduideliking gekry wat ek op mainroom gesit het om die tmas op te laai.

Voorstelle vir temas

Verlatenheid/eensaamheid

emosies

is nog twee wat so vinnig by my opkom

Groetnis aan almal

Pieter

Comment by Anita du Toit on July 24, 2013 at 7:27pm

Die swart en wit tema vir volgende week is 'n goeie voorstel van Doretha, dit is 'n lekker oop onderwerp wat van makro tot landskappe kan dek. Dit is ook 'n tipe verwerking wat nie baie hier gedoen word nie, en maak vir baie van ons weer 'n ander wereld oop. Ek sal in die vervolg die tema vir die week by Forum .. regs op die blad plaas. Gee intussen asb. nog voorstelle.

Comment by Doretha Kock on July 24, 2013 at 4:59pm

Hi Anita. Wat van Wit en Swart foto's vir volgende week se tema.

Comment by Liesel Wessels on July 23, 2013 at 7:59pm

Tyd is vir my ook 'n faktor, maar ek sal hou van temas waar jy dalk moet rondspeel met jou kamera se spoed of wat hulle noem "playing with lights" waar jy met 'n flits of "sparkles" iets moet bou.  Eintlik is die moontlikhede eindeloos.  Ek is besig om idees vir my eie Projek 730 (730 fotos oor 'n twee jaar tydperk) te bou - as ek iets ouliks dink of sien, sal ek bietjie aanstuur.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html