Hi Vriende,

Ek is nou so twee weke deel van die Fotoskool vriende kring en moet se ek geniet dit. Ek het nou al so baie goeie en mooi fotos gesien en dis goed om te sien soveel mense geniet fotografie. My probleem is as ek op elke foto moet kommentaar lewer gaan ek nooit gewerk kry nie.

Die lekkerste is om so veel foto oor die hele land te sien, ek het nou al fotos van plekke gesien waar ek nog nooit was nie.

Ek voel al sommer klaar lekker tuis.

Baie dankie

Views: 121

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Deon on November 28, 2014 at 7:50am
Dankie Hennie,
Ek besef dat fotografie iets is wat n mens moet aanhou oefen. Ek het wel so amper 2 jaar terug n 10 weke fotografie kursus by Unie Kollage in Krugersdorp voltooi waarna ons n 2 ure eksamen vraestel moes afle asook n volledige portfolio van 12 fotos van voor geskrewe temas moes inhandig. Ek het nogals goed presteer maar dit beteken nie ek weet nou als nie. Die werklike leer het daarna begin. Ek probeer ook van tyd tot tyd werkswinkels by Nikonhouse is Midrand bywoon wat ook baie help. En dan lees ek baie reviews ivm fotografie en toerusting oor internet. En nou is ek deel van fotoskool waarek nog meer leer.
Comment by Hennie Cronjé on November 27, 2014 at 7:53pm

Deon, ek is baie bly jy geniet Fotoskool en fotografie so baie. Dis 'n wonderlike stokperdjie! Fotografie het egter die afgelope jare geweldig ontwikkel. Dis nou 'n vak waarin jy jouself moet instudeer. Dit neem tyd. Hulle sê 3 jaar tot 3 ster. Dit beteken 3 jaar voor jy net jou voete vind! So, neem deel soveel jy kan, maar die werklike geheim is aanhou. Dit sal ook goed wees as jy êrens 'n kursus kan bywoon. Groete

Comment by Deon on October 29, 2014 at 7:57am
More Pierre,

Ek moet erken ek geniet dit hier op Fotoskool. Ek moet erken ek het eers regtig begin leer na dat ek n fotografie kursus gedoen het. En ek dink ek is op die regte pad hier by FS. Ek doen baie navorsing op internet want daar is regtig puik fotograwe in die land en elkeen het sy eie styl, en dis belangrik dat n ou jou eie styl begin ontwikkel. Ek het regtig al baie mooi fotos op FS gesien en die ouens is regtig passie vol.

Maar van die os op die jas, ek is Desember in die Kaap provinsie, en gaan Ceres en die Sederberg besoek. So as julle klomp daar is die Kaap vir my n paar pointers wil gee, maak asb so. Ons gaan op Kaleo Gasteplaas kamp
Comment by Pierre Hardinge on October 28, 2014 at 6:13pm

Deon die klompie mense hier is regtig n puik klompie mense.

Ons hier in die Kaap (WP JOU LEKA DING!!!) het nou al twee byeenkomste gehad waar ons ons gate uit geniet het.

Leer is nie n problem hier nie solank n mens net genoeg Hennie se kommentare lees.... moet jouself ook nie beperk tot net FS nie jy kan sommer n paar ander blogs lees en Fotografie tydskrifte by vriende skollie al is hulle "Outdated" lees soveel jy kan....maar niks kom by FS en sy mense nie..............en  moenie verbaas wees as iemand eenvandiedae jou siel gaan uitrek nie....dit gebeur gereeld hier.....lol

Comment by Doretha Kock on October 28, 2014 at 10:56am

Deon, dit is die lekker van fotoskool. Niemand neem niemand kwalik as hul nie kan kommentaar lewer nie en almal het groot waardering vir die fotoskolers wat wel gereeld en getrou kommentaar lewer.  Ek het al gewonder of dit sal werk, as 'n mens op so drie voorafgaande foto's kommentaar lewer, voordat mens 'n foto laai. So gaan mens gereeld op iemand anders se foto kommentaar lewer, sonder om oorlaai te word.

Comment by Ben van Heerden on October 26, 2014 at 12:54pm
Ek is bly jy voel tuis hier Deon. Dit is 'n wonderlike groep mense hier bymekaar met almal dieselfde passie. Mens leer geweldig baie hier en as Hennie praat kan jy veral luister!

Ek is ook op die oomblik 'n posisie waar tyd my nie toelaat om soveel kommentaar te lewer op ander se fotos as wat ek graag sou wou nie. Daarom is ek so dankbaar vir die klompie getroues wat dit wel doen.

Mag jy nog baie vreugde hier ervaar!

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html