Hallo Almal,

Dis sommer lekker om te sien hoe gereeld daar nuwe lede aansluit, maar ek dink baie van julle wens ook vir meer tyd! So nou en dan gesels ek met fotoskolers wat "wens daar was meer tyd om foto's te neem." Die interessante vraag wat mens jouself moet afvra is: "Hoeveel tyd is werklik nodig om 'n foto te neem?" En, in die meeste gevalle, is dit 'n breukdeel van 'n sekonde...

En tog, ons wag vir die lang ure wat iewers moet oopval. En, in die meeste van ons se geval, weier die ure om hulle opwagting te maak. Neem gerus 'n minuut of twee per dag, haal die kamera uit, neem 'n foto, al lyk dit of daar niks is nie...en al kry jy nie 'n trefferfoto nie, draai jou kamera op 'n verstelling wat jy nooit gebruik nie, en kyk wat gebeur.

In die volgende foto's was daar regtig nie veel wat ek kon afneem nie, maar ek het iewers gaan sit en besluit ek moet iets in 'n radius van 5 meter van my af soek om af te neem. Ek deel 'n paar voorbeelde...

En as jy regtig, regtig jou verbeelding gebruik, kan daar selfs 'n storie voor jou afspeel. Kyk net hoe dapper kan 'n hopie sand teen die aanslae van die lewe staan :-) Dalk 'n les vir elkeen van ons!

Hier kom die gevaar...

Kadoef! Die aanslag van die lewe!

Staan sterk!!

En ja, dit gaan verby!

Nou ja, julle kan sien ek was redelik uit idees uit! Maar daar is altyd 'n storie, kyk net rondom jou!!

Groete

Igno

Views: 140

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerhard Beukes on March 20, 2012 at 8:12am
Baie waar Igno en ja mens begin eers "kyk" as jy die kamera voor jou oog het.
Comment by Martha van der Westhuizen on March 19, 2012 at 11:24pm

Wel, jou keuse van 'n radius van 5 meter was toe glad nie so sleg nie....!! 

Comment by Martie Venter on March 19, 2012 at 8:58pm

Igno, dit is baie waar - vandat ek my kamera elke dag saam met my dra en daagliks foto's neem, het ek agtergekom daar is altyd iets interessants om af te neem as 'n mens net leer om rondom jou te kyk!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html