Ai mense weet julle hoe gelukkig ons klomp is om aan ʼn plek soos fotoskool te kan behoort. So lê ek vanoggend weer met die spiere wat lol, ja sê maar weer beneuk vir alles want ek kan nie doen wat ek wil nie. So vat ek die laptop teken in op fotoskool en dadelik sien ek weer die mooi in die lewe.

Die prentjies wat ek voor my sien wek ʼn opgewondenheid in my op en ek begin almal se foto’s te bekyk, die mooi in die lewe word oopgegooi vir ons hier en gou is Piet weer Piet en vergete is die skete. Julle klomp is soos medisyne vir ʼn mens se siel en liggaam.

Ek wonder so by myself wat het Igno ingedagte gehad met die web van hom, het hy net gedink aan foto’s of het hy geweet daar gaan ʼn soort van genesing wees in die web. Ek dink aan die wat hartseer is hoe voel hulle nadat hulle die foto’s bekyk het, die wat bedruk is wat speel deur hul gedagtes as hulle krit en kyk, die wat af voel en so bietjie tjol gepraat het saam met die geraas makers op main, selfs die wat opgewek is hoe beleef hulle dit.

Die antwoord kom by my op net soos ek dit beleef weer vol lewe en gelukkig.

Dankie vir Igno en o prof Hennie hy is soos ʼn lucky packet vir ʼn kind is vir my, opgewonde as jy hom sien maar weet nie wat jy gaan kry as hy klaar is met jou foto nie. Julle ander vriende pille verseker vir die pyne lief julle dood en as ek nie julle so ruk gesien het nie pla dit my want ek soek julle, om net aan ʼn paar te dink, juffrou Anita, antie Gerrie die oggend dol Tersia, Pieter altyd op sy pos en so kan ek aangaan dankie vir julle, julle almal maak my dag.

Ja so kan ek aanhou klets maar die groot doel van fotoskool is foto’s en weer moet ek dankie sê want leer die het ek baie hier geleer moet net Igno se kursus nog probeer doen dalk kry ek ook eendag ʼn + teken by my naam of dit gaan help weet ek nie want ʼn prentjie kyker wat altyd ʼn storie soek in ʼn foto sal ek seker maar bly maar mooi bly mooi die foto’s hier en my mede foto maters julle almal ou of nuut hier is tops.  

Views: 176

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Piet Nel on November 14, 2014 at 7:58pm

Petro welkom en ek is bly jy voel al klaar deel van ons jy sal dit geniet soos niks anders n mens verlang selfs na mense wat jy nog nooit gesien het nie as hulle n bietjie lank vat om hul profile te wys hier

Comment by Piet Nel on November 14, 2014 at 7:55pm

ja Engela Hennie is voorwaar soos n lucky packet vir n kind is altyd opgewonde as jy hom sien en ja bang wat daar gesê gaan word oor jou foto, maar n man 1000 fs verseker leeg sonder sy komm ek waardeer elkeen hier baie en sal seker maar doodgaan saam met die mense hier want wonderlik is elkeen verseker vir my

Comment by Petro Gordon on November 14, 2014 at 2:41pm
Dankie vir hierdie. Ek het Fotoskool gister eers "ontdek" en reeds al so baie geleer. Dankie vir al jul kommentaar. Ek leer selfs daaruit. Shalom!
Comment by Engela Johanna Magrietha Britz ( on November 10, 2014 at 11:51pm

Pragtig Piet.

Hiermee kan ek mee meer as vereenselwig.

Vir baie mense is die "web" 'n onpersoonlike maar noodsaaklike "teenwoordigheid". (My oorlede broer se onderwyseres het van hom gesê dat hy 'n onmisbare ergenis was).

So het Fotoskool vir my deel geword van my "sanity". Mens word deur die lewe "gedwing" om in die negatiewe rigting te kyk en te aanvaar dat dit nie in ons hande is om te verander wat hier met ons gebeur nie.

Het Fotoskool my geleer dat die "Lucky Packet" waarvan jy praat soos 'n chemo kan wees. Mens is amper bang vir wat gaan kom, dankbaar dat die effek "die keer nie te erg is nie" maar in 'n hogere staat van oorwelping ervaar wanneer net die goeie gebeur. Snaaks, mens besef dat wat jy leer, van Prof Hennie en Al die slimmes, so noodsaaklik is as wat bloedoortapping vir 'n Leukemie-leier is.

Eweneens wil ek ook nie aangaan of teem oor "persoonlike" ervarings en gevoelens nie. Wil bloot net dankie sê vir almal.

Vir die regruk aan die rokkie wat skeef sit. Wat die rafeldrade van die soom mooi afbreek sodat dit nie "gaap" nie.

Vir hulle wat sien die lap is al verslete, of dat die sokkies gestop is.

Dankie vir die wat hul verwonder aan die spesiale ontwerp, of sommer soms se "aspris"-geite met

'n foto se plaas - wetende dit is nie reg nie.

Elke dankie aan almal op FS kom van my af as 'n gebed.

Gryp elke dag die kwartel uit die hemel. Pluk net genoeg manna - so dek ons saam 'n tafel waarin almal versadig word.

Dankie almal! Dankie aan die skeppers en dankie aan almal vir die ewig-groeiende sitplek aan die kubertafel.

Comment by Erika Kotze on November 7, 2014 at 7:34pm

Dankie vir jou waarheid Piet!! Dit is regtig soos ek ook voel. As mens te bedrywig raak en nie by FS uitkom nie is dit 'n " iets " wat hinder.... Wens ons kan op 'n slag in streek verband bymekaar kom om net "hello" te se. Nou die dag vir Igno ontmoed by funksie ....wat 'n voorreg...

Comment by Piet Nel on November 7, 2014 at 6:53am

Tersia jy praat, snaaks hoe lief jy kan raak vir iemand wat jy nie eers gesien het in die lewe nie en tog is elkeen hier special vir n mens 

Comment by Tersia Weitsz on November 1, 2014 at 9:15am

Ware woorde en dankie Piet,  ek voel ook arm as ek weg is van die huis en nie toegang tot fs het nie.  Ek is nie verslaaf nie, maar fs familie is kosbaar!

Comment by Piet Nel on October 26, 2014 at 10:09am

praat jy Elna

Comment by Elna Geringer on October 26, 2014 at 5:46am

Piet,ek kan net n "amen" se op die stukkie waarheid.Ek voel soos al die antwoorde wat reed hier verskyn het,ek is skoon eensaam as ek nie by fotoskool kan uitkom nie. Ons het dan nou al glad 4 kaveliers gevorm.........

Comment by jan jordaan on October 21, 2014 at 12:57pm

PIETER BAIE DANKIE VIR HIERDIE STUK,JY MAG MET WOORDE VERDUIDELIK. EK STEM MET ELKE WOORD VAN JOU SAAM. EK KAN OOK NET DANKIE SE. IGNO EN VERAL HENNIE JULLE IS TWEE SPESIALE MENSE 

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html