Fotoskool en ons "sustersite" fotofanatix

Hallo Fotoskolers

Sommige van julle is waarskynlik al bewus, of selfs lede van fotoskool se susterwebwerf fotofanatix. En dalk wonder julle wat die verskil gaan wees, en aan watter een van die webwerwe julle wil behoort...

Die lekkerste gedeelte is dat hierdie twee webwerwe nie ten doel het om teen mekaar te kompeteer nie. Fotofanatix het ontstaan as 'n voortvloeisel uit 'n ander netwerk, en dit word administreer deur my goeie vriend Robbie, seker een van die greatste fotograwe en mense wat ek ken.

Nou die hoofverskille en ooreenkomste is dat fotoskool Afrikaans is, en Afrikaans sal bly. Ek is nie een van daardie mense wat 'n kampvegter vir die taal is nie, maar deksels ek geniet dit om in my eie taal te kan kommunikeer (hoe sê mens "deksels" in Engels?)

Fotoskool sal ook poog om in lekker gesellige trant inligting te deel, veral op 'n basiese vlak, maar ons bly darem nou nie weg van die uitdagings van tegniese dinge waar nodig nie! Die krag van fotoskool is tans in die wonderlike vriendekring wat wereldwyd (mense soos Etienne en Frans wat in die verre lande bly is al huishoudelike name :-)) gevorm word. Sowel as die harde werk wat Hennie doen om foto's te help verbeter.

Fotofanatix is Engels, (en darem nie ongesellig nie :-)) en Robbie sal, waar moontlik, ook meer tegniese inligting deurgee. Daar word ook kommentare op foto's gelewer, en julle kan aanvaar daar sal basiese oorvleuelings wees, maar hopelik sal dit vir fotograwe lekker wees om op albei webwerwe te "snuffel" en te leer.

Sommige inligting sal op beide webwerwe verskyn, veral in terme van kompetisies en sake waarby almal kan baatvind. Om dit maklik te maak sal daar ook skakels tussen die webwerwe wees.

Tussen fotoskool en fotofanatix is die hoofdoel om vir fotograwe die geleentheid te gee om te groei in hulle fotografie, maar ook om ander te help groei!

As enige iemand verdere voorstelle het, moet nie huiwer om te deel nie!

Groete

Igno

 

Views: 115

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Liz on October 8, 2011 at 10:46pm
Ek echo wat Amanda se. Dit is sooooo lekker om vir 'n verandering in Afrikaans op 'n webwerf te kan kommunikeer. Ja Robbie en Igno ek se ook baie dankie vir julle insig!
Comment by Amanda Currie on October 5, 2011 at 11:57am

Ek is 'n lid op fotoskool vir so paar maande (seker amper 'n jaar) en ook 'n lid op fotofanatix van die eerste uur van sy bestaan af.  Ek kan eerlik se ek geniet altwee webwerwe ongelooflik baie. 

Ek wil graag aan Igno en Robbie my gelukwensing met die nuwe "sustersite" rig en dankie se vir die voorreg wat ons as beginners het om by mense soos Igno en Robbie te kan leer.  En ook aan elke ander lid wat kommentaar, raad, kompliment en voorstelle maak op fotos.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html