Ek is baie bly vriendin Ilza Rauntenbach het my aan Fotoskool bekend gestel. Hoe meer ek daar gaan "klas draf" hoe meer geniet ek dit. Dankie aan almal wat n mens soos ek instaat stel om die stokperdjie net gewoon, te geniet.

Ek het wonder oor die volgende uitlating en ek sal graag wil hoor wat ander se mening hieroor is.

Gewoonlik by tydskrifte ens, wanneer n foto vir n kompetisie ingekryf word, is die reel tov manipulering as volg. Die fotograaf word toegelaat om aan die digitale foto te manipuleer alleen tot so n mate as wat die foto in die nie-digitale formaat manipuleerbaar was. Maw, die fotograaf kan in digitale formaat alleen net dit doen wat doenbaar was met gewone film fotografie.

Die vraag ontstaan nou of, gegee die tegnologie, hierdie definisie dalk nie te wyd is nie. Ek dink met die koms van die digitale era, het dit baie maklik geword om n foto te manipuleer. Voeg by dat dit ook n mens byna wonderwerke kan verrig met sorgvuldige manipulering.

Die ander argument is dat geen foto manipuleerder kan "wonderwerke" verrig met n swak komposisie of swak beligte foto nie, dit weer beteken dat digitale foto manipulering ook tog inherente beperkings het.

Wat dink julle?

Views: 59

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on April 18, 2011 at 7:35pm
Ek geniet hierdie gesprek - en in my opinie is die wonderlike ding dat niemand ooit vir Da Vinci vertel het dat hy nie sekere kwaste mag gebruik of sekere verwe mag meng nie. Dis juis die speel met kleur, konteks en onderwerp wat maak dat ons die fotografie kan geniet in hierdie era! Soms hou ek van die realiteit, en ander kere van wat my verbeelding toelaat - die lekkerste lekker is dat mens albei kan geniet! (En ja, dan nog kan verkoop ook! - Ek dink ons lewe in die wonderlikste tyd ooit!)
Comment by Frans van Heerden on April 17, 2011 at 6:11pm
Dankie Igno, jou opmerking kan self n lang debat ontketen. Dit bly nou maar eenmaal wors, "beauty is in the eye of the beholder". Ek dink ons kan lank gesels oor "die waarheid"
Comment by Igno van Niekerk on April 17, 2011 at 4:15pm

Hallo Frans,

Ek dink hierdie bly nogal altyd 'n interessante vraag. Selfs al gaan dit nie oor kompetisies nie. Kom ons veronderstel ek neem 'n foto vir die koerant en "clone" dan 'n emmer of 'n ding wat pla uit. Effektief het die emmer niks met die storie te doen nie, maar dit was daar. Dus is die foto sonder die emmer nie "die waarheid" nie. Ek kon egter self die emmer gaan verwyder...

By ander plekke (soos fotoskool) is dit weer oor "kreatiwiteit," en is alles weer reg in terme van manipulasie, maar almal hier weet ook dat dit toelaatbaar is. Die interessante is dat te veel manipulasie dikwels meer skade doen as goed - maar dis darem lekker om van die "blik-emmers" ontslae te raak wat jou foto ontsier :-)

So - in my opinie is daar vir elke ding 'n plek - Kreatiewe speel --- die waarheid --- en ja, net om lekker dinge met jou foto's te doen. Sal graag wil sien wat ander dink! Groete, Igno

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html