"Fotoskool sonder grense - met Twinkel in die hoofrol"

Anet Potgieter het op 10 Julie 'n foto geplaas van 'n pragtige Rooikat (Caracul)wat sy in die Noorde van Namibië geneem het in die omgewing van Grootfontein. Ek het aan haar genoem dat 'n vriendin van my, Rolyn, so 'n katjie hans grootgemaak het. Tot my verbasing is dit toe die einste Twinkel. Met Rolyn se toestemming plaas ek hierdie opvolg storie van Twinkel. fotoskool - sonder grense!!

Rolyn verstel self: Twinkel was 3 maande oud  toe sy my katjie geword het, Pa het haar klein mak gemaak saam met sy wit huiskatjie, Met my sussie se begrafnis het sy perongeluk onder my boetie se bakkie beland en het baie seer gekry, Pa het nie gedink dat sy ooit sal kan herstel nie en wou hom maar uitsit, Maar Twinkeltjie was die sterkste katjie wat nie moed opgee nie, sy het haar gebreekte lyfie voort gesleep, Ek kon net nie dat hulle Twinkeltjie uitsit nie en het haar Windhoek toe gebring, So het sy my katjie geword. Dr Tubising ons veearts het gesê hy kan nie waarborg dat die operasie ‘n sukses sou wees nie maar ekt gevoel ons moet net ‘n kans waag, die eerste operasie was vier duisend Rand. En dit was ‘n sukses maar haar beentjies was baie broos en het weer gebreek, en ons moes later weer beentjies laat heg, met baie Calsuba poeier later was haar beentjies weer sterk genoeg en het sy fris en gesond geword en sy was te kostelik, Het altyd ons mak diere geboelie en rond gejaag maar nooit seer gemaak nie, Sy sou buite ‘n duifie vang en houvas tot ek die duifie kom red. Sy’t geweet sy mag nie doodmaak nie.

4 jaar later het ek haar terug gestuur na my pa se  plaas al was dit maar ‘n hartseer dag was dit tog beter, 500g maalvleis wat haar kossies ‘n dag was het my later bietjie duur uitgewerk en ek’t  ook altyd maar gevrees dat sy oor die heining sou spring en die bure gaan pla, Windhoek se munisipaleteit sou nie genade hê nie, Hulle sou dink sy’s ‘n wilde rooikat en sou haar doodskiet. Al is sy nou pal in ‘n hokkie op pa se plaas word sy goed versorg maar as ek vir haar gaan kuier herken sy my nog en kom lek my hand maar sy klim nie meer op my skoot nie.

Fotos is belangrik,maar het meer waarde die dag as dit uit die albums klim.

Views: 128

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on July 28, 2012 at 9:48pm

Wat 'n oulike verhaal;  dankie dat jy dit met ons gedeel het JJJ.

Comment by Antonnette du toit on July 26, 2012 at 10:49am

Wat 'n kosbare verhaal, dankie dat jy dit met ons deel JJJ! Niks werelds kom by die dankbare en onselfsugtige liefde van 'n dier nie;-)

Comment by Jimmy Jim James on July 25, 2012 at 6:10pm

Baie DAnkie Gerhard

Comment by Jimmy Jim James on July 25, 2012 at 6:09pm

Baie dankie Maronel dat jy die mooi hierin raaksien en jou waardering uitspreek :)

Comment by Maronel Steyn on July 23, 2012 at 6:10pm

Dankie JJJ vir die deel hiervan.  Dis die dat ek se 'n mens voel al soos familie op fotoskool.  Dis lekker om ook op so 'n manier te deel in mense se lief en leed. 

Comment by Jimmy Jim James on July 23, 2012 at 11:38am

Inderdaad Anet, ja is dit nie vreemd nie danksy tegnologie ook :)

Comment by Jimmy Jim James on July 23, 2012 at 11:38am

HA ha Rolyn, jy kan nie 'n grootkop kry nie, jy is te nederig daarvoor :)

Comment by Jimmy Jim James on July 23, 2012 at 11:37am

Dankie Donald

Comment by Jimmy Jim James on July 23, 2012 at 11:37am

BAie dankie Anita Smith - ek stem met jou saam!!

Comment by Anita Smith on July 23, 2012 at 10:42am

Dit is wanneer ek sulke verhale lees wat my geloof in 'n "diere-hemel" net sterker word. Dankie dat jy dit met ons deel. Dit is baie besonders!

© 2013   Created by Igno van Niekerk.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html