Hallo Fotoskolers!!

Terwyl ek op soek was na 'n vorige blog tref my oog vandag die eerste blog wat op fotoskool geskryf is!! Wat 'n ongelooflike oomblik om te besef dat Fotoskool op 13 Augustus amptelik drie jaar oud word!

Danksy fotoskool het ek ongelooflike mense ontmoet. Daar was ook lede wat, danksy hulle passie, sommer dikwels 'n hele "beweging" begin het. Ek onthou Etienne se HDR foto's en hoe hartseer dit was toe hy fotoskool verlaat! Ek onthou hoe ek Robbie A vir die eerste keer in JHB ontmoet het - later het hy kursusse in Bloemies kom aanbied! Ek onthou hoe ek by "Adriaan" in Jeffreysbaai moes afpak - en saam met hom gaan strandfoto's neem het!

Daar was elke keer lede wat bygedra het, veral Hennie Cronje - my mede fotoskool aanbieder en Nico Baird wat altyd bereid is om met die tegnologie te help. Daar is mense soos Rudie die windpompman en Jimmy Jim James die begraafplaasbesoeker. Daar is soveel name wat ek nog wil noem. Lede wat net eenvoudig die fotoskool ervaring iets besonders gemaak het. Dink net aan Frans van Heerden wat uit die verre lande ons temakompetisies help borg het met prysgeld!

Ek wil vir elke liewe fotoskoler bedank vir die saamkuier en saamgesels. Daar was nog altyd die wonderlikste positiewe kommentaar. Daar is tans meer as 300 blogs op fotoskool. Van hierdie blogs deur kenners soos Charles Whitehead is gevul met sulke waardevolle inligting dat mens nie moet vergeet om daarna te gaan kyk nie...wie sal nie Martie Venter se ligtent blogs vergeet nie! En Lientjie se leersame blogs oor druppels en rook! Loer gerus deur die blog argiewe!

Nou ja, dis net meer as een week voor fotoskool se verjaardag! Kom loer gerus watter foto, blog, of gesprek vir jou die lekkerste is/was, en kom klets sommer lekker saam. Ek dink nog aan hoe ons die partytjie kan hou! Dalk sommer 'n lekker foto wat elke lid kan oplaai met jou fotoskool verjaardagkoek of partytjiewense! Wat dink julle!

Groete

Igno

Views: 71

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Mariska Cilliers on August 4, 2012 at 8:08pm
Baie geluk met die 3 jaar Igno! Jy het 'n wenner hier beet!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html