Hallo Almal,

Dit was heerlik om almal se interpretasie van gebreekte glas te sien.

En toe VREK MOEILIK om net 5 te kies waaruit mens kan kies...Die wenner uit hierdie 5 (waaroor ons more sal besluit) is dan die eerste persoon wat deurdring na die kompetisie in die laaste kwartaal waar daar 'n lekker prys op die spel gaan wees...

 

Nou net voordat ons besluit oor die wenner  van ons eerste twee-weeklikse tema, kom ons loer watter foto's was almal in die finale groepie...

 

Ons Finaliste:

 

Hierdie eerste foto deur Annelise verdien benoeming omdat ek dink dit nogal goed daarin slaag om 'n rilleragtige atmosfeer te skep. Let ook op die glas wat so mooi in die derde geplaas is, soos Hennie ook in die "comments"  by die oorspronklike foto opmerk:

Die volgende foto, deur Ansie, maak weer goed gebruik van diepte van veld, (die voorste gedeelte in fokus, en dan word mens se oog stadig weggelei deur die patrone sowel as die wegraak van die kunsglaswerk) en spreek die tema ook op 'n besonderse manier aan:

Susan het met die volgende foto verskillende elemente bymekaargebring en met die diep kleure en die blommetjie iets heel anders gedoen:

Jacques se foto het nogal besonderse beligting en 'n baie interessante posisionering van die glasstukke.

Charles se foto is ons vyfde finalis.

Nou ja, hier is die 5. Nou, ek gaan dit nie waag om die wenner te kies nie. Ek gaan more 'n klein paneeltjie saamstel en dan die wenner aanwys. Gesels ook gerus saam oor van watter een julle die meeste hou en waarom.

 

Ons volgende tema het meer met tegniek te doen. Die tegniek behels enige foto wat gebruik maak van  "Stadige Sluiter" en julle het tot Sondag 27 Maart om 20:00 om julle foto's te laai. Onthou jy mag net een foto laai wat Stadige Sluiter genoem word, en dit sal dan jou deelname-foto wees.

Lekker week!

Groete

Igno

 

 

 


Views: 106

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Annalize Doubell on March 15, 2011 at 8:41pm
Sjoe, ek is bly ek moes nie die keuse gemaak het nie. Dis stunning foto's! Geluk aan Charles.
Comment by Susan on March 13, 2011 at 11:07pm
Hi Igno, ek is mal oor Charles se foto. Die kleure en die manier wat die glas weerkaats op glas (ek dink dit is 'n glasblad) is absoluut Beautyful! Maar almal se idee's is interessant en oulik.  Dit is altyd lekker om te sien watter ander idee mense het.  Groete, Susan

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html