Geforseerde Visuele Perspektief - Wat is dit? Hoe doen ons dit?Glo my dis baie pret!

Geforseerde Visuele Perspektief - Wat is dit? Hoe doen ons dit? Glo my dis baie pret!

Hierdie vorm van fotografie word gebruik wanneer die fotograaf diepte perspektief  gebruik en die kamera en onderwerpe so opstel dat dit in ‘n foto grooter, kleiner, smaller nader of verder vertoon as wat hulle werklik is. Dit is in werklikheid net manipulasie van ons visuele perspektief. Ons kan dit ook noem optiese illusies

Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde:

•Daar is eindelose moontlikhede vir hierdie tipe van fotografie en is groot pret.
•Die beste plekke om hierdie tipe van fotos te neem is iewers waar daar

 baie oop spasie is. (oop velde, ‘n groot oop strand, ‘n soutpan) 

•Dit sal jou die diepte kan gee om die perfekte foto saam te stel.
•Soek ‘n plek waar baie van die horison sigbaar is, dit het ‘n sekere psigologiese effek op

 die persone wat na die foto kyk, omdat dit hulle ‘n visuele punt van verwysing gee.

•Plaas jou kamera op ‘n driepoot.
•Besluit vooraf wat jy wil uitbeeld.
•Stel jou kamera op(AV/Landscape mode)
•As jy ‘n voorwerp naby jou in die foto het, bv ‘n persoon,  gebruik jou flits

 om skadus in te vul

•Positioneer die onderwerp/e, of dit nou mense voor en agter,

 of ‘n objek voor en mens/e agter, of wat ookal die scenario mag wees.

•Kyk deur jou viewfinder en herpositioneer objekte of mense totdat alles in lyn is.
•Moenie gejaag voel nie. Vat jou tyd, dan gaan jy dit ook meer geniet.
•Neem meer as een foto totdat alles reg lyk .Probeer verskillende posisies met mense.
•Dit is nie moeilik om hierdie tipe van fotos te neem nie, al wat jy nodig het

 is kreatiwiteit, ‘n  kamera en driepoot en gewillige deelnemers, die regte omgewing en tydsberekening, geduld om die prentjie op te stel en meeste van alles verbeelding:-)

Views: 406

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerrie Lambrechts on May 21, 2013 at 10:13am

Baie interessant Lientjie, dankie vir die handige wenke. Sal met die kleingoed op die strand speel.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html