Gratis Kursusse Aanlyn en in die groot Stede

Hallo Fotoskolers!

Soos wat die internet die wereld al kleiner maak kom daar al meer geleenthede oor ons pad. Veral as jy redelik lekker bandwydte het, en bereid is om laatnagte wakker te wees.

NIK sagteware bied byvoorbeeld hierdie maand (vanaf Dinsdag, 5 Februarie) 'n reeks webinare aan wat jy aanlyn kan bywoon. Vir meer inligting besoek gerus hierdie skakel.

Dan is daar ook nog Creativelive se gratis opleiding oor troufotografie wat Woensdagaand vanaf 19:00 tot 02:00 (Suid Afrikaanse tyd) aangebied word. Creativelive werk so - as jy die opleiding "bywoon" op die internet terwyl dit plaasvind, kos dit niks - andersins kan jy die opgeneemde weergawe aankoop. So, vir die van julle wat naguile is - dit kan jou baie geld spaar. Loer gerus in by www.creativelive.com. Hulle bied uitstekende kursusse aan, en dit meng nie eers in met jou werkstyd nie - wel met jou slaaptyd :-)

Adobe en Nikon bied weer in die groot sentra (Bloemfontein, JHB, Durban, Kaapstad) gereelde werkswinkels aan. Die eerste werkswinkel vind Woensdag 6 Februarie plaas. As jy nog nie registreer het nie, loer gerus in by http://www.adobetraining.pro/snapshot/fullschedule.html

Vir die van julle wat 16 Februarie naby Bloemfontein is, onthou gerus om by Artic Digital se fotografie werkswinkel in te loer.

Ek heg gou die program aan. Dit sal heerlik wees om weer 'n klompie fotoskolers te ontmoet, so kom loer gerus in! Die kostes beloopr R100 per persoon wat die bywoning van enige van die werkswinkels insluit. 'n Geleentheid om nie mis te loop nie!

En hier is die program:

Nou ja, hoop dit hou julle lekker besig hierdie week!!

Groete

Igno

Views: 348

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html