Ek wonder of Prof Hennie hier sal raad gee en/of enige een wat meer weet as ek

Ek sien dikwels dat daar gekrit word oor "halo" om n voorwerp. Hoekom is dit nie reg nie? Ek sukkel om hiervan onslae te raak wanneer Son op of sak fotos geneem word. Dit kom ook voor wanneer ek die Canon Powershot gebruik en baie sterk in zoom

Die ander krit wat gereeld opduik,is drade,telefoon lyne of kraglyne. Dit lyk my dis n definitiewe "no-no"

Hoekom?

Gee lyne en drade nie soms ook sterkte aan n foto nie?

Ek weet en verstaan dat dit soms op plekke is wat goeie fotos gaan bederf,veral voor kerke........daar frustreer dit my grensloos en ka ek die piep kry daaroor, maar soms, in die natuur dien dit tog n doel - of so dink ek.....

Is hierdie "no-no's" n fotografie reel of gaan dit oor persoonlike gevoel daaroor?

Help tog asseblief want ek wil duidelikheid kry hieroor

dankie

Views: 121

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on August 8, 2014 at 5:06pm

Met sharpening en verhoging van kontras word ligte en donker piksels van mekaar geskei en soort by soort geplaas. As dit te erg raak. Ontstaan 'n soort "niemandsland" tussenin waar daar nie piksels is nie en dit is die halo. 'n Geoefende oog sien dit dadelik raak en dis iets wat mens moet vermy.

Sekere situasies sal hul meer daartoe leen as ander. Waar jy bv 'n sonsondergang het met 'n boom voor wat 'n swart siloeët vorm, is daar reeds hoë kontras tussen die swart en die ligte agtergrond. Net 'n bietjie meer skuif van piksels sal 'n halo gee. Op dieselfde foto is die horison bv nie so afgeëts nie met minder kontras. 'n Meer geleidelike oorgang. Dan kan mens meer sharpening toepas of kontras verhoog voor 'n halo ontstaan. Baie skerp lense gee ook skerper grense en daar moet mens ook minder sharpen/kontrasteer.

Wat ek doen is om te sharpen op die gewone manier. Dan kyk ek na die foto. As daar êrens 'n geringe halo vorm. plaas ek 'n wit masker op daardie laag (layer). Dan, met 'n swart (harde) brush met 'n opacity van 30-50%, verf ek oor die halo om die sharpening effek daar te verminder. Dit vat die baie effektief weg. So sharpen ek SELEKTIEF en dit is die antwoord.

Ek hoop dit help!

Comment by Elna Geringer on August 8, 2014 at 1:40pm

Dankie Dine

Comment by Dine Potgieter on August 7, 2014 at 8:34pm

Drade is soos alles anders in fotografie - soms is dit integraal deel van die foto, en vorm van die begin af deel van die beplanning - en is ander kere onwelkom - lg. veral die wat jou verras nadat jy die foto die eerste keer op 'n rekenaarskerm vergroot het. Dien die draad 'n dalk 'n estetiese/ ontwerpdoel en/of help dit om 'n storie te vertel en iets in 'n sekere konteks te plaas. Daar is nie eintlik iets in fotografie wat 'n definitiewe no-no onder alle omstandighede is nie 

Comment by Elna Geringer on August 7, 2014 at 6:07am

Dankie Elma,ja drade kan soms n mooi foto "spoil" maar daar is tog tye wat dit trefkrag aan n foto gee. Ek hoop ook  meer antwoorde gaan in kom. Ons hou maar dop

Comment by Elma Coetsee on August 6, 2014 at 10:50am

Ek is ok maar 'n leek op die gebied en ek is nie hier om raad te gee nie net saam te luister en te leer. Ek dink met 'n sonsondergang gaan jy maar altyd 'n halo he veral as die son nog nie helemal onder is nie agv die backlight wat die son se strale veroorsaak wat amper soos 'n halo lyk. Die drade het ek maar hier op fotoskool en fotoskool plus geleer dis onooglik en 'n no-no. So nou vermy ek hulle sover ek kan en skielik pla die drade my ok nou in fotos. lol Seker omdat ek nou van beter weet. lol Sien uit om die antwoorde te lees en saam jou te leer Elna ;-D

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html