Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Hierdie storie het nou niks met fotografie te doen nie,maar daar is dalk van julle wat dit tog sal geniet
Ek loop nou al 'n paar dae met die storie in my kop maar ek gaan dit tog vir julle vertel.Saterdag, 22/08/2015, kom ons terug van Stutterheim af nadat ons gaan blomme kyk het.Ons val maar vroeg in die pad want groot dele van die Oos-Kaap is mos nou maar 60-80km per uur en as jy gelukkig is,100km.Huey sit die radio aan en ons sit en luister die Saterdagoggend program op RSG…….Breakfast met Derick.Die van julle wat gereeld daarna luister sal weet dat daar nogal oulike besprekingspunte is en dan is daar die lekker musiek.
Die Apteker se praatjie kom aan die beurt en dit gaan oor virusse en allerhande siektes wat in die wintermaande die Suid Afrikaners teister. Iewers in die bespreking kom "hande was" ook toe nou in. Hmmmmmm dit was nou 'n ding want die apteker voel dat ons glad nie genoeg hande was nie en dit soms die oorsaak is dat allerhande siektes ons tref.Hy noem dat veral waar 'n mens na winkelsentrums en ander derglike publieke plekke toe gaan moet hande sommer baie gewas word.Hy praat vir my so bang vir 'n winkelsentrum dat ek by myself sit en wonder of ek in Mtunzini met internet aankope sal weg kom.Ek wil glad nie meer na enige publieke plek toe gaan agv al die bakterie en siektes wat 'n mens kan optel nie.
Die programaanbieder vra toe vir Apteker nou maar hoe weet 'n mens dat jy genoeg hande was,en ook lank genoeg op 'n slag.Nou kan julle maar lag,maar luister hierna.......hy se dat 'n mens die liedjie "Veels geluk liewe maatjie" 2 keer moet deur sing terwyl jy jou hande was en dis dan nou lank genoeg vir elke keer se was.Ai jinne julle............ek het vloeibare seep by die wasbak en nou gaan dit met my so iets: pomp-pomp die seep en dan.....Veels ge-luk(was was) lie-we maat-jie(was was)om-dat jy ver-jaar(was was) en hier kom water by.Mag die He-re(was was) jou se-en en nog(was was)ba-ie ja-re spaar.Spoel al die seep mooi af.
Nou kyk, om die ou liedjie een keer deur te sing,gaan nog aan maar ek gaan glad nie twee keer sing nie!!!!Ek is al siek vir "Veels geluk liewe maatjie" en begin al sing nog voor ek 'n druppel seep aan my hande het........na ‘n verjaardag partyjie wil ek nou ook nie gou gaan nie want ek gaan ‘n wasbak,seep en water soek as daar gesing word.
Comment
Baie goed geskryf Elna. Ek het lank in 'n hospitaal gewerk en daarmee saam weet ek van al daai kieme. Of liewer - ek weet van party van hulle.
Om so bietjie die gesprek aan te wakker; weet julle hoe vuil onder andere geld is, al daai plekke waar mense daai geld bere?
Het julle aan daai kitsbank of kredietkaart masjientjie gedink en gesien hoe vuil die knoppies is?
Daar is hier by ons 'n baie gewilde kruidenierswinkel wat deesdae vir ons van die "lappies" gee waarmee ons die trollies se handvatsels kan skoon maak mee. 10 uit 10 vir hulle :)
Jy kan maar 'n skrywer word.. baie goed neergepen!
mooi storie het dit geniet - dit gaan ook maar bitter vining by my as dit by handewas kom
Briljant Elna. Gelukkig kan ek nie sing nie so ek hoef nie so erg te was nie!!!
LOL Wat die oog nie sien ens ens maak die hart nie seer nie...ens ens...
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool