Ek het gespaar vir 'n nuwe lens maar aai nou sit ek voor 2 mure sigma 18 - 250 lens of tamron 18 - 270 : ek het 'n nikon kamera - party se sigma ander se tamron wat is julle ondervinding ek wil baie graag maandag vir my 'n lens koop - dankie fotoskool ek leer so baie 

Views: 65

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Frans van Heerden on December 26, 2014 at 7:52pm

Carol

Die Tamron lens is eenvoudig n puik lens - persoonlik dink ek dit een vd heel beste derde party lense. Dis n baie gewilde lens en n top verkoper oor die wereld heen. Vervaardigers soo sNikon het agtergekom dat die bepaalde lens n groot leemte in die mark aanspreek en so is hulledie bekende 28-300 en onlangs die 18-300 die lig gesien. Ek het omvattende navorsing oor die lens gedoen en ek kan my nie herinner aan n enkele negatiewe kommentaar oor die lens nie. Sigma se nuwe reeks lense, dws dei "A" of (Art) lense is van n hoogstaande gehalte en indien die Sigma lens wat jy oorweeg nie n "A" lens is nie, sal ek nie vir n oomblik twyfel nie en sal ek summier die Tamron lens koop. Dalk het jy gesien dat Tamron n 150-600 mm lens op die mark gebring het en weereens word die pryse vd derde party lens wyd en syd besing.

Ek hopp Vader Krismis het die Tamron veilig en versigtig in jou kerskous vir jou gelaat

Comment by Leon on December 21, 2014 at 9:12am

Carol

Ek het ook tussen die 2 moes kies en albei is goeie lense.Tamron se lense het baie verbeter oor die laaste paar jaar. Ek het maar besluit dat ek die Sigma sou neem omdat dit in Japan vervaardig word en die spesifieke Tamron in Sjina Die Japanese se vakmanskap kan seker nie onderskat word nie. Hoop dit help

Comment by Carol van Aswegen on December 19, 2014 at 10:59pm

Dankie Piet ek het juis en ek moet se dit is regtig 'n 50 50 ek het selfs gegaan op die compair website en gedink dit is die oplossing maar soos jy se wat my hart se dankie 

Comment by Piet Nel on December 19, 2014 at 6:35am

Hi Carol raad oor watter lens die beste is kan ek jou nie gee nie maar ek het geleer, koop die een wat jou hart vir jou sê as n mens google vir die lense is daar altyd goeie en slegte dinge wat hulle sê oor n lens. Ek beveel aan koop die een wat jy van hou altwee lyk na goeie lense as ek hulle so beloer op google. Sterkte en geniet die nuwe lens

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html