Help - iets "creepy" is besit om te gebeur!

Ek het so 'n week of wat gelede 'n Namibiese landskapsfoto met die titel "Mukurob no more" geplaas. Gisteraand wou ek bietjie skoonmaak en delete onder my FS-posts, en dit blyk dat die foto vervang is met 'n vreemde foto van 'n vroulike gesig - ek ken die foto van geen kant af nie en ek het dit beslis nie geneem of geplaas nie. Die titel is nog dieselfde. Dit is net sigbaar as ek op "My photos" ingaan - op die "slideshow" wys die korrekte foto.

Kan iemand dalk 'n tegniese verklaring gee? 

Views: 72

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dine Potgieter on September 4, 2014 at 9:45pm

Die spook van Uniondale - hmmm...

Comment by Tina le Grange on September 3, 2014 at 9:47pm
Dine ek lees nou eers jou blog. Wat van die Spook van Uniondale....? :-)
Comment by Dine Potgieter on September 3, 2014 at 8:43pm

Die foto het net so misterieus verdwyn as wat dit verskyn het - ek het geen verklaring hiervoor nie, en ek het gewonder of ander Fotoskolers 'n soortgelyke ervaring gehad het? Ek vermoed iemand sit iewers en giggel...

Comment by Christa Snyman on September 3, 2014 at 4:58pm

Hi Dine, ek weet nie of jy intussen die probleem opgelos het nie?  Ek het vandag eers hierdie berig van jou raakgelees en toe gaan kyk op jou foto's en ek kon wel jou Mukurob-foto sien en oopmaak (geen ander vrougesig foto nie!). Hopelik is jou probleem intussen opgelos?!

Comment by Liz on September 3, 2014 at 4:26pm

Ai toggie dit spook daar by jou. Kan jou glad nie help nie sorry!

Comment by Dine Potgieter on September 2, 2014 at 6:29pm

Die foto het intussen verdwyn - ek kon dit ook nooit sien as ek op 'n ander rekenaar inlog nie. Moontlik 'n rekenaarvirus?

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html