Ek wil darem graag vir Hennie dankie se vir sy tyd om ons foto's te krit.  Ons as lede leer by mekaar baie, maar wat Hennie se, kan jy maar na luister en kyk, die lesse is kosbaar.  Net so die foto's wat hy plaas met sy beskrywings by.  Die swart lappe bly soms in die kamera sak vergete Hennie, maar soms word dit gebruik.  Dankie Hennie, jou werk word waardeer en doen so voort, asseblief.

Views: 61

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on August 8, 2014 at 5:13pm

Baie dankie julle almal. Ek waardeer wat julle sê. My vrou wil ook weet waarom ek dit doen? Wel, dis omdat ek lief is vir fotografie (darem nie meer as vir haar nie!) en ek belangstel in ontwerp/komposisie. Dit is die hart van fotografie. Deur die foto's te krit, leer ek ook by julle - julle sal miskien nie glo nie! Goed en sleg. Dit help myself ook in my eie fotografie. Dit help my om die prentjie makliker en beter raak te sien wanneer ek met my kamera stap. So, ek wil ook vir julle dankie sê vir jul deelname. Dankie ook vir jul waardering wat dikwels uitgespreek word. So raak ons vriende, al het ons nog nie formeel ontmoet nie.

Comment by Elna Geringer on July 25, 2014 at 6:14am

Ek ditto op al die ander se kommentaar Hennie..............veral wat Carl tov van iemand se tyd se.Dankie dat jou tyd nie te min is en dat jy aan ons wat nog nie als van fotoneem af weet nie,soveel daarvan spandeer.Dit word ongelooflik baie waardeer

Comment by Doretha Kock on July 20, 2014 at 10:14am

Tersia en Carl, dit is ware woorde wat jul hier spreek.  Ons ontvang so baie by Fotoskool en almal wat betrokke is.  Graag sê ek ook BAIE DANKIE.

Comment by Carl Joubert on July 20, 2014 at 9:52am

Daar is baie dinge in die lewe wat kosbaar is, en tyd is een daarvan. Ek glo as iemand bereid om sy tyd vir jou op te offer, is daar baie min dinge wat by dit kan kom. So ek will ook net baie dankie se aan Hennie vir sy tyd en waardevolle lesse:)

Comment by Dine Potgieter on July 15, 2014 at 10:40pm

Ditto - klein dingetjies wat 'n groot verskil maak. Baie dankie!

Comment by Karen Kemp on July 14, 2014 at 8:57pm
Ek sekondeer....symraad en kommentaar het GROOT waarde...baie dankie!
Comment by Piet Nel on July 14, 2014 at 5:25pm

stem Tersia ek is ook baie dankbaar vir Hennie ek waardeer sy tyd wat hy gee aan ons 

Comment by Tina le Grange on July 14, 2014 at 11:50am

Tersia, ek beaam alles wat jy vir Hennie sê;  dankie vir jou inisiatief!!

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html