More fotoskool vriende,

Ek het so n week terug Hennie en Josef se boek in CD formaat aan gekoop. Ek is nou so halfpad met hom en ek moet se dis insigewend en die detail en formaat van elke hoofstuk is puik.

Of jy nou n beginner of Pro is ek dink jy sal baat vind hierby. Nog n ding waarvan ek hou is die feit dat dit nie n boek is wat jy net een maal sal lees en dan weg sal sit nie, nee jy kan hom altyd beiderhand hou vir na slaan werk.

Omdat alle fotografie terme altyd in Engels is het Hennie en Josef dit ook goed gedink om ook melding te maak van die engels terms langs die afrikaans terme wat my natuurlik by help omdat ek net die Enhels terme ken. Daar is ook puik fotos waarna jy kan kyk en wat die bespreekings punt mooi weerspieel.

So ek kan elke fotoskool lid aanmoedig om dit aan te skaf en glo my jy sal dit geniet.

Dankie Hennie en Josef puik werk

Groete 

Deon

Views: 57

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html