Ek wil graag met julle die volgende deel en ek noem dit: “HERKOUKIES”

Wanneer enige mens begin belangstel in Fotografie is daar ‘n paar basiese dinge wat jy eerste doen

-         Jy skaf vir jou ‘n kamera aan wat by jou behoeftes pas

-         Dan begin jy foto’s neem en so voeg jy 1 x 1 items by wat jy nodig het

-         Besluit om by ‘n klub aan te sluit om meer te leer

-         Nou skaf jy ‘n rekenaar aan en programme om jou foto’s te verwerk en in te skryf

En so gaan dit aan en brei jy uit.  Jy leer van al die belangrike dinge en loop klasse en kursusse en gaan na kongresse toe en vir 10 – 15 jaar  bou jy op en brei  jy uit in jou fotografie.

MAAR WAT VERGEET ALMAL OM JOU TE VERTEL AS FOTOGRAAF?

Ek het in 16jaar wat ek redelik aktief in my fotografie was nog nooit van die volgende gehoor op enige kongres of  kursus nie.

VEILIGHEID IN FOTOGRAFIE

Ja, daar is al gesê moenie alleen by sekere plekke ingaan om foto’s te neem nie en as vrou alleen of selfs 2 vroue alleen is, waag jy dit glad nie.  En in Suid Afrika weet ons, jy stop nie enige plek nie, jy waag dit nie in plakkerskampe en swart woongebiede nie.  Al die rooi ligte gaan aan en dit is so in ons ingebrandmerk dat jy dit net nie waag  nie.

WAT DAN VAN BEKENDE, BESIGE TOERISTE PLEKKE

Hoeveel keer het jy al in die koerant gelees of op die nuus gehoor dat ‘n fotograaf  tussen toeriste beroof is.  Almal sê die Kaap is die veiligste. Jy hoor wel moenie in PE of Durban gaan nag foto’s neem nie behalwe in ‘n groep maar in die Kaap, is dit veilig.   Moet net nie in stegies ingaan of in die woonbuurte nie - bly weg.

KOM EK GEE VIR JULLE ‘N PAAR WENKE  en ek vra mooi, neem dit asseblief  ter  harte.  Moenie die volgende lees en dit eenkant sit en vergeet daarvan  nie.

  1. Koop vir jou PEPPER SPRAY en maak dit deel van jou kamera toerusting.  Hou dit altyd in jou broek of baadjie sak as jy gaan foto’s neem. Maak nie saak of jy alleen of tussen mense is nie, of  jy in ‘n openbare  plek of op ‘n afgesonderde plek neem nie. Kry ‘n fluitjie en dra dit om jou nek elke keer as jy gaan foto’s neem.
  2. MOET NOOIT, MAAR NOOIT gaan nag foto’s neem as julle net 2 is nie. Maak seker jy is in ‘n groep en maak ook beurte om te neem en mekaar af te wissel om wag te staan. Al is die plek hoe besig en hoe populêr.
  3. BACKUP – moenie wag tot jou 16GB of  32GB disk vol is nie. Dit is een van die grootste foute wat jy kan  maak. Dit is bietjie meer moeite, maar maak seker jy laai jou foto’s 2x per dag af of ruil jou kaarte 2 tot 3 keer om.
  4. GAAN DADELIK NA JOU VERSEKERINGS MAATSKAPPY en plaas elke stukkie elektroniese toerusting wat jy het (kamera’s, lense, rekenaars, ens) op ‘n lys en maak seker jy is goed verseker.  MOENIE DIT UITSTEL NA DIE DAG VAN MôRE NIE, dan is dit te laat.

                                                 

R38 000 kan jy nie in ‘n paar maande vervang nie, dit is jare se opbou en bymekaarmaak en ons as Fotograwe het mak geword.

                                               

HERKOU ASSEBLIEF AAN DIT WAT EK MET JULLE DEEL ek praat uit ondervinding. 

Susan

Views: 67

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Susan on June 4, 2011 at 2:52pm
Frans dit is absoluut so. Ons was ons eerste 2 weke in Botswana van Maun, Moremi, Savuti, bo in Kasane, deur die Kaprivi en weer anderkant by Drotski's in en af tot in die Kalahari. Ek was oral in al die dorpe en in statte. Ons was 4 vroue wat in een stat ingeloop het en die hoofman gevra het om ons te vertel en te wys van hulle kultuur en leefstyl en tussen al daardie hordes het ek nie vir een oomblik bedreig gevoel of 'n vrees gehad dat ons geroof of aangerand gaan word nie. Dit is net ongelooflik hoe veilig mens daar voel. Maar in jou eie land is dit anders.
Comment by Frans van Heerden on June 3, 2011 at 10:02pm
Dankie Susan. Goeie raad. Dit bly n ironie dat ons, in ons eie land op so n manier van foto geleenthede ontneem word. Ek is tans in Kuwait en ons was vanaand na n musiek uitvoering. Een vd vensters van ons motor is ne, met uitklim slag toegemaak nie. In die motor was n ipod, n GPS en n paar CD's. Die uitvoring het sowat 2,5 uur geduur. Met ons terugkoms by die motor het ons die oop venster ontdek. Daar was nie n enkel item uit die motor verwyder nie! Dis sulke kere wat n mens die ongerief van 51 grade C "wardeer" en weet jy en jou eiendom  is veilig!
Comment by Jannie Labuschagne on June 3, 2011 at 5:13pm
Susan Baie dankie vir die raad bai insigewend
Comment by Susan on June 3, 2011 at 4:14pm
Ai Charles, as ek dit gedoen het, het hul dalk geskrik, maar als gebeur so vinnig en ons Kalahari mense veg mos maar vir jou goed. Maar my krag was nie genoeg teenoor 2 nie. En nadat Hugo gesteek is met die mes, het ek maar laat gaan. Dis tog maar net aardse goed. 
Comment by Charles Whitehead on June 3, 2011 at 2:11pm

Susan

Dankie vir die stukkie en dis waar wat jy sê. Mens raak mak so met die tyd.

Ek dink nie die welvaartverspreiders gaan afgeskrik word as ek my CANON of hulle rig en skree hensop nie ....

Comment by Johan van Zyl on June 3, 2011 at 11:05am
Dankie Susan vir die inligting ek het ook al so n paar bloutjies geloop, waar hulle ingebreuk het en alles gesteel het sonder versekering vandag is alles verseker. Die ander is goed sal so maak.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html