Hoe Baie Fotos Moet ‘n Mens Laai?

Jy het nou net jou kamera gekry en is trots op die fotos wat jy geneem het, of jy het die naweek ‘n wonderlike uitstappie beleef en het dit alles op die kiekiemasjien opgevang. Jy kan nie wag om die fotos vir die wereld te wys nie. Wat sal die ander mense dink? Sal hulle jou ervaring deur jou fotos ook kan beleef?  Of daai nuwe tegniek wat jy nou bemeester het.. sal ander belangstellendes wil weet hoe jy dit reggekry het... of, is jy sommer net trots op die beelde wat jy vasgevang het?

 

Klink die nie vir jou half bekend nie? Jy laai jou fotos van die kamera af op jou rekenaar... maak hulle vir die web reg, en nou wil jy hulle oplaai. Daar is verskillende internet plekke waar dit gedoen kan word, waar ander dalk kommentaar oor jou fotos kan en sal gee.. plekke soos Fotoskool.. wow, daar is ‘n hele klomp mense daar wat sommer baie ondervinding het, wat kommentaar sal lewer en dan vir jou se hoe mooi of hoe goed jou foto is.

 

Maar neem nou ‘n stappie terug.. hoe baie fotos moet jy op ‘n slag laai? 1? 2? 5? 10? 20? 30? .. Wel, as dit net is om te wys dat jy daar was en dat jy alles opgevang het, dan is Facebook die plek vir daai hordes fotos.. daar kan al jou vriende sien wat het jy die naweek gemaak en jou fotos ook dan bewonder.. maar, as jy daai een of twee uitsonderlike foto's vasgevang het, daai oomblik van tyd in die perfekte sekonde vasgevang het, daai foto bo alle fotos opgevang het, en hulle tussen ander fotograwe en belangstellendes wil deel, dan laai jy hulle op ‘n foto webtuiste waar daai ou manne (of vrouens) kan kommentaar lewer.. vir jou raad gee of jou prys, vir jou soos een van die span te laat voel..

 

Dit is byna onmoontlik om op foto na foto konstruktiewe kommentaar te lewer, om op elke een van hordes fotos mooi te kyk, te waardeer en dan jou opinie daaroor te gee.. so hier vra ek die vraag.. hoe baie fotos moet ‘n mens op ‘n slag laai om enige konstruktiewe kommentaar te kry? Jou versameling fotos op die foto webtuiste.. is hulle voorbeelde van jou beste werk? Hou jy die versameling op datum? Verwyder jy die ou fotos waarop jy na tyd verbeter het? Wil jy nie jou beste wys nie?

 

Die antwoord glo ek is nie meer as 2 of 3 op ‘n slag nie.. die 2 of 3 wat die beste van daai reeks is.. nie sommer die hele reeks nie.. onthou, hier wil ons spog, hier wil ons leer. As elke foto so 10 minute neem om mooi na te kyk en dan nog om kommetaar te lewer, en daar is 50 fotos gelaai, beteken dit dat iemand 500 minute (oor die 8 ure) moet insit om die taak te kwyt.. bietjie onredelik dink jy nie?

 

So volgende keer as jy daai laai knoppie druk.. dink hieraan, dink aan jou versameling en die kommentaar wat jy soek.. eerder goeie kommentaar op ‘n paar fotos as “mooi” of geen komentaar op hordes ander nie.

Views: 171

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Jacques van Delft on August 16, 2011 at 5:19pm
Dankie Robbie!! wanneer ek in die aand my fotoskool oopmaak het ek nie die tyd om al die foto's wat die dag opgelaai is te kyk nie. Ek dink ook dat 'n beperking daar gestel moet word om die kwaliteit van die foto's te kan wardeer eerder as die hoeveelheid waarvan jy miskien tog net 'n derde of minder kan kyk. Groete, Jacques
Comment by Josef Steyn on August 16, 2011 at 4:49pm

Ek stem saam dat drie vir my die absolute maksimum is wat per dag gelaai behoort te word. Die volgende vraag is nou: drie elke dag? of drie elke week? of moontlik drie per keer met 'n maksimum van 6 of 9 per week?

Kan die Fotoskool program so geprogrammeer word dat dit net die eerste drie fotos laai en die res ignoreer? Igno kan jy help?

Comment by Anita du Plooy on March 16, 2011 at 8:49am

Ek stem 100% saam. Om darem soms deur 100de troufoto's van dieselfde paartjie te "worstel" is nie 'n grap nie? Ek dink ons soek almal kreatiewe en inspirerende werk?

Comment by Riaan Kleinhans on March 15, 2011 at 8:37am
My siening is maks 4, want dit is al wat sigbaar is op die hoofbladsy as jou fotos opgelaai is. Ek dink ek het al great fotos mis gekyk wat nie onder die eerste 4 gelaaides was nie
Comment by Dana Pienaar on March 14, 2011 at 9:38pm
Ek wil my hier by Robbie skaar. Die gedagte wat hy met soveel insig met ons deel kan net tot voordeel van al ons lede wees. Minder fotos met meer konstruktiewe kommentaar en terugvoering kan ons almal verryk met tegnieke en kennis wat deur ervare kundiges gegee word.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html