Hierdie is 'n kort stukkie wat ek leen by ons Fotoskool + program:

Die AUTO knoppie is seker die gevaarlikste, tog gemaklikste knoppie op die kamera. Sommige kameravervaardigers besef dat hulle met werklike lui mense te doen het, en om te verseker dat daardie mense lui bly sit hulle selfs 'n prentjie van 'n kamera by die AUTO knoppie. Baie keer is dit ook groen, soos 'n verkeerslig wat aandui dat jy maar "mag aangaan."

Die AUTO-knoppie werk as volg. Binne in jou kamera woon 5 Japanese. As jou kamera in 'n ander land as Japan vervaardig is, kan daar mense van ander nasionaliteite in jou kamera woon. Vir die doel van hierdie les bly ons egter by die Japanese. Nou ja, sodra jy die sluiter druk terwyl die kamera op AUTO is, spring hierdie manne op aandag. Hulle werk teen 'n reuse spoed. Die eerste ene meet die lig, as daar nie genoeg lig is nie, skreeu hy vir sy vriend wat 'n sumo-stoeier is: "Ligg-hie Flash - hie" (In afrikaans betekend dit lig die flash op). Dis hoekom jou opwipflits sal oopspring as jy in swak lig werk. Daar is 'n ander Japanees wat probeer om die fokus te help bepaal, nog ene wat besluit hoe die kamera se spoed moet aangepas word, en 'n ander ene wat kyk dat die sluiterspoed nie te laag is nie. Party van hulle doen selfs meer as een ding, en al hulle pogings bring mee dat jy in die meeste van die gevalle 'n goeie beligte en selfs goed gefokusde foto kan kry sonder veel moeite.

Tog, hierdie Japanese kan nie alles sien wat buite die kamera gebeur nie, en hulle is aangewese op die skindernuus van die lens. Dus, die oomblik dat jy iets unieks probeer raak hierdie Japanese se koppe skoon deurmekaar. Nou ja, die meeste van ons wil nie ons foto-lewens in ander mense se hande plaas nie, en daarom speel ons dikwels met die ander knoppies as die AUTO. As jy altyd net op AUTO neem is daar 'n Japanese term wat jy moet verstaan: "Nie-Brait-Nie, " (not bright at all!!)

Groete

Igno

Views: 207

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by ISSI POTGIETER on April 9, 2013 at 6:25pm

Hi Igno,

Wanneer ek in 'n situasie is waar ek nie weet watter kant toe nie neem ek een op Auto en kyk wat die info is.... dan begin ek van daar af werk... seker ook nie -brait-nie!

Comment by Gene on March 31, 2013 at 2:31pm

Igno,

Sal 'n Leica of Hasselblad ontslae raak van die Japanese invloed ? Daar woon 'n klomp mense van Europese afsprong daarbinne en hul werksmetodes is anders.

Dis nou sommer net om jou aandag te trek. Die verstelling op enige DSLR wat die meeste gevaar inhou is daai een wat jy kan kies om foto na foto te neem terwyl jou wysvinger krampe opdoen terwyl jy die knoppie indruk.

Teen 3 fps [ frames per second ] is dit 180 foto's in een minuut. 5 fps maak dit 300 fotos. Daar begin die moeilikheid nou. Hoeveel minute gaan dit vat voor die kamera se meganisme ingee ?

Comment by Gerrie Lambrechts on March 11, 2013 at 7:41am

Igno, wat gebeur as iets vinnig voor jou optower, soos ’n mooi dier of voël en jy weet jy het nie veel tyd nie?  Dit is dan dat ek net die groen knoppie druk en glad nie eers dink aan ’n verstelling nie.  Dit lyk my ek sal iets moet doen want ek val beslis nog in die "Nie-Brait-Nie" kategorie.

Dankie vir die inligting en hierdie wonderlike webwerf, ek het al ontsaglik baie geleer.  Nooit te oud om te leer nie, sowaar.

Comment by Anita du Toit on March 10, 2013 at 10:37pm

Ai Igno jy kan omtrend toor met woorde. Ek hoop julle bied die + program volgende jaar DV weer aan, ek sal dan beslis wil deelneem.Genadiglik is ek darem verby die Auto stadium.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html