Hoe om verskillende tipes Panorama fotos te neem en digitaal te verwerk

Hoe om verskillende tipes Panorama fotos te neem en digitaal te verwerk

Ek skryf hierdie handleiding vir diegene wat wil om te leer hoe om panorama fotos te neem met 'n digitale kompakte, brug of SLR kamera en dan ook aanmekaar te las. met behulp van spesiale sagteware, om saam 'n enkele panoramiese beeld te vorm. Ons gaan gesels oor beide hierdie prosesse en sal jou wys hoe om pragtige panoramiese beelde te skep.

Was jy al in 'n situasie waar jy gestaan het op die punt van 'n berg of 'n uitkyk punt en 'n pragtige uitsig gesien het wat strek van heel links tot heel regs, en jy jou kop so moes beweeg net om alles te sien? As jy het, is ek seker was dit een van daardie oomblikke, waar jy gewens het dat jy daardie skoonheid kon vasvang met jou digitale kamera. Meeste van die  moderne kameras vandag, het video-opname vermoëns en jy kan seker die hele toneel so vasvang, maar wat as jy dit wou uitdruk? Die goeie nuus is dat die tegnologie van vandag ons in staat stel  om sulke tonele vas te vang deur panoramafotografie.

Wat is Panoramiese Fotografie?

Panorama fotografie is 'n spesiale tegniek wat verskeie beelde van dieselfde kamera saam las om 'n enkele, wye foto te vorm ( in vertikale of horisontale formaat). Die eerste panoramiese foto's is gemaak deur eenvoudig gedrukte weergawes van film aanmekaar te las. Dit was nie baie suksesvol nie, omdat dit amper onmoontlik is om fotos so te las. Met die ontwikkeling van tegnologie, digitale fotografie, rekenaars en sagteware is dit nou baie makliker om digitale beelde saam te las met behulp van gespesialiseerde sagteware. Trouens, met die gebruik van behoorlike fotografiese tegniek en panoramiese toerusting, is dit nou moontlik om naby aan -perfekte panoramas te skep teen  baie hoë resolusies  Sommige fotograwe las  selfs honderde hoë resolusie beelde  saam om enorme  "gigapixel" panoramas te skep. Digitale panorama fotografie is baie gewild en algemeen nie net onder landskapfotograwe, maar ook onder argitektoniese en stadsbeeld fotograwe.

Jy kan baie suksesvolle landskap panorama fotos neem sonder om te belê in baie duur toerusting, so lank  jy weet hoe om dit reg doen. Ek fokus hier hoofsaaklik op die panoramiese fotos wat met die vryhand of met 'n driepoot geneem is, sondeer om baie geld te spandeer op baie duur toerusting

Soorte Panoramas

Hoewel die woord "Panorama" outomaties veronderstel dat dit 'n wye horisontale of vertikale beeld sal wees, hoef dit nie noodwendig die geval te wees nie. As ek  verskeie beelde saam las en die r esultaat is 'n vierkantige beeld,  beskou ek dit steeds as 'n hoë resolusie panoramiese beeld. Hier is hoe ek panorama fotos definieer:

Wye hoek panoramas - iets wat lyk soos 'n wye hoek foto, maar wat minder as 180 grade dek, hetsy horisontaal of vertikaal. Wye hoek panoramas kan selfs soos gewone fotos lyk, behalwe dat hulle aanmekaar gestik is deur verskeie foto's en dus 'n hoer resolusie het.

180 grade panorama - dek 180 grade van links na regs. Hierdie vorme van panoramas is baie breed, en dek 'n groot gebied.

360 grade panorama dek tot 360 grade. Hierdie panorama lyk uiters wyd en hulle dek 'n hele toneel in 'n enkele, super wye beeld.

Sferiese panorama - ook bekend as "planete". . Dit is 360 grade panorama wat omgeskakel word na 'n vierkantige sferiese beeld met behulp van 'n spesiale post-verwerking tegniek.

Al die bogenoemde panorama kan óf in 'n enkele ry of meer as een ry afgeneem word(multiry panoramas - vereis dikwels spesiale panoramiese toerusting)

Hoe om Panorama foto's te neem

Kom ons kyk nou hoe neem jy panorama fotos wat gebruik sal word om 'n panorama te skep? Daar is twee maniere hoe'n mens hierdie fotos kan neem.

Horisontale fotos- 'n maklike metode om vir 'n vinnige panorama te neem, en ook waar resolusie van die foto nie so belangrik is nie.

 Hier is vier horisontale fotos:

En hier is die finale aanmekaar gelaste panorama:

Vertikale fotos - Die ideale manier om  panorama fotos te neem. Met vertikale beelde kan 'n mens meer van die lug en die voorgrond insluit en die resultaat is ook hoër resolusie panoramas in vergelyking met horisontale fotos

Hier is 'n dertien vertikale fotos:

En hier is die finale gelaste panorama:

Ek probeer persoonlik om nie horisontale panoramas te neem nie, omdat 'n mens te veel resolusie verloor. wanneer daar aan die foto "gecrop" moet  word , nadat dit aanmekaar gelas is. Vertikale panoramas is baie beter in daardie opsig en die resultaat is hoer resolusie fotos as horisontale panoramas.

Ten einde in staat te wees om verskeie fotos aanmekaar te las, is dit nodig dat die fotos mekaar met 'n sekere persentasie moet oorvleuel, sodat belyningspunte behoorlik geïdentifiseer kan word, deur die sagteware. Die belyningspunte is baie belangrik,want sonder dit , sal dit nie moonltlik wees om 'n naatlose panorama aanmekaar te las nie. Die hoeveelheid oorvleueling is 'n debateerbare onderwerp:-), hoewel dit aanbeveel word dat daar minstens 20-30% oorvleueling moet wees.

Kamera toerusting                                                                      

Digital Kamera - Enige kamera behoort te werk, solank die beligting, (F-stop, sluiterspoed en ISO) "gelock" kan word. Ideaal sal wees 'n digitale kamera wat ten volle in manuele "mode" gestel kan word(verkieslik 'n DSLR).

Lens - Zoom lense is die mees geskikste vir  panorama fotografie. Jy kan sekere panorama fotos met vaste fokus lense neem, maar die opsie om in en uit te zoem gee jou meer opsies en veelsydigheid, veral in moeilike omstandighede waar jou bewegingsruimte beperk is.

Lens Filters - Ek beveel aan om filters van jou lens af te haal terwyl jy panoramas neem. Dit is aanvaarbaar om 'n UV filter op te hou, so lank as dit nie 'n vignette effek op die wyehoek veroorsaak nie. Ek sal 'n sirkulere polariseerder verwyder as jy een op jou lens gemonteer het, omdat dit jou beligting van veral lug baie sal beinvloed en moeilik sal maak om fotos te las.

Tripod - 'n driepoot is opsioneel, maar word sterk aanbeveel vir die beste resultate. Enige stewige driepoot sal werk, maar maak seker dat die kop buigsaam genoeg is  om jou in staat te stel om met gemak van links na regs te beweeg.

"Cable Release" - opsioneel, maar word aanbeveel om fotos te kan neem teen 'n stadige sluiterspoed, sonder om beweging op te neem/of fotos te blur.

Kamera instellings

Voordat jy begin om panorama fotos te neem, moet jy sommige van die instellings op jou kamera  verander. Hier is wat ek aanbeveel:

Neem fotos in "manuele mode" af ­ Die belangrikste ding in die panorama is konsekwentheid van beligting. Dit is noodsaaklik, maak nie saak hoe helder of donker dele van die toneel is nie, dat jou fotos  dieselfde beligting moet hê.  As jou kamera die beligting kan "lock", kan jy sekerlik fotos neem in ander "modes", maar ek stel voor om in "manuele mode" af te neem, om moontlike ongelukke te voorkom. Ek het al baie panorama fotos op gemors, terwyl ek aangeneem het dat ek my beligting"gelock" was, en toe maar begin om in manuele"mode" fotos te neem vir panoramas.

Stel jou lens op Manuele Fokus - as jy 'n DSLR gebruik, fokus jou lens op 'n verafgeleë voorwerp (oneindigheid of naby die oneindigheid), en skakel dan oor na manuele fokus. Jy wil nie hê dat jou kamera elke keer fokus verander as jy 'n foto neem nie.

ISO - maak seker dat "Auto ISO" afgeskakel is, en stel jou ISO na die laagste moontlike ISO (waarskynlik 100 of 200)

Diafragma opening en sluiterspoed - vir panoramiese fotos wil jy alles in fokus hê, maak daarom seker dat jou diafragma gestel is op 'n groot velddiepte, sodat  alles, insluitende enige voorgrond elemente in perfekte fokus is.  Afhangende van jou lens se fokale lengte, moet jy jou diafragma opening minstens stel op f/8, verkieslik f/10 en hoër (afhangende van hoe naby die naaste voorwerp in die voorgrond is). Sodra jy die regte diafragma opening of F-stop gestel het,kan jy jou  sluiter spoed stel, gebaseer op die ligmeterlesing, soos onder uiteengesit.

Ligmetering -moenie die helderste of donkerste dele van die toneel gebruik om 'n metering op te doen nie, maar probeer om 'n gemiddelde beligtingsarea  te vind en stel dan jou sluiterspoed vir die hele panorama gebaseer op daardie gebied. Neem 'n paar van die foto's en maak seker dat die beelde nie te oorbelig of onderbeligting is vir die helderste en die donkerste dele van die toneel nie..

Fokale Lengte van lens - ultra wye lense het distorsie en viginettte probleme, wat dit moeilik kan maak om panorama fotos aanmekaar te las. Die meeste algemene fokale lengtes wat ek sal aanbeveel vir panorama fotografie is 28mm tot 50mm op full-frame FX kameras  en 18mm tot 35mm met DX kameras.

"White Balance" - Stel jou "White Balance" op "Auto" as jy in RAW fotos neem, jy kan dit altyd later verander, indien nodig. As jy in JPEG formaat afneem, stel ek voor dat jy 'n spesifieke wit balans kies, nie "Auto" nie, omdat die kleure in die verskillende fotos mag verskil op "auto".

Fotografiese Tegniek

Sodra jy die toerusting opstel het, volg die volgende instruksies

Die eerste ding wat jy moet doen, is om die onderwerp te identifiseer wat jy wil vasvang. Die beste onderwerpe vir panoramiese fotos is van 'n uitkykpunt, bv waar jy staan op  die punt van 'n berg of heuwel, met geen objekte te naby aan die kamera. Vermy die neem van panoramas met bome, bosse en ander voorwerpe in die voorgrond. As jy 'n toneel afneem wat ver van jou af is, sal die panorama perfek aanmekaar las, omdat die sagteware dan nie hoef te sukkel met parallax foute in die beeld nie. 'n Parallax fout veroorsaak dat fotos wat aanmekaar grens, so van mekaar verskil, dat dit onmoontlik is om hulle aanmekaar te las.

Dit is baie maklik om die effek van 'n parallax fout raak te sien. Hou jou wysvinger voor jou . Maak een oog toe en lyn jou vinger op met 'n objek in die agtergrond('n deur, venster of wat ook al). Sonder om jou vinger te beweeg, roteer jou kop nou van links na regs. Die beeld wat jy nou waarneem is wat ons noem 'n parallax fout.

Wees ook op die uitkyk vir bewegende voorwerpe. Wind bv kan boom blare, gras, water en sand laat beweeg in verskillende rigtings, wat sal veroorsaak dat jy sal sukkel om die panorama te las. Jy kan wel in winderige toestande fotos neem wanneer die wind sterk waai en alles in een rigting laat beweeg. Vermy die neem van foto's van bewegende water of golwe.

As jy 'n driepoot gebruik,maak seker dit is op 'n stewige oppervlakte en staan gelyk. Sodra dit gelyk, staan, maak jou kamera horisontaal of vertikaal stewig vas. Maak seker dat jy vrylik die kamera kan beweeg van een kant na 'n ander sonder om dit van hoeke te laat verander. Kyk vir belyningsfoute deur lyne in jou "viewfinder" op te lyn met die horison.

As jy met die vry hand fotos neem, hou die kamera naby jou oog en kyk deur die "viewfinder" en in plaas van die "LCD". Pan van links na regs en kyk of jy die kamera reguit en in belyning met die horison kan hou.

Stel jou kamera instellings soos hierbo aangedui en maak seker dat die beligting gelock is.(of neem op manuele settings)

Maak seker die maak kamera is gefokus en die autofocus is afgeskakel.

Let op die beginpunt en die eindpunt wat jy wil fotografeer en onthou visueel hierdie beide.

Neem 'n enkele foto en kyk of die beeld reg lyk op die LCD. As die beeld reg lyk, is jy gereed om te begin. As dit nie reg is nie, gaan jou beligtingsinstellings na en maak veranderinge, indien nodig.

Punt jou kamera na jou beginpunt aan die linkerkant en neem die eerste foto. Voordat jy die kamera beweeg, onthou waar jou middelfokuspunt in die viewfinder is, begin dan die kamera beweeg na regs, totdat hierdie punt op die einde van die raam is. Dit beteken basies dat jy jou tweede foto met 50% sal oorvleuel met die eerste een.  Neem 'n foto en herhaal die proses totdat jy by die eindpunt kom. Om te onthou waar die middelfokuspunt is, relatief tot die toneel is die maklikste en veiligste manier vir my om seker te maak dat die beelde genoeg oorvleuel vir post-verwerking en om die  sagteware in staat te stel om hulle later aanmekaar te las. Jy kan seker die fotos oorvleuel deur 'n kleiner hoeveelheid en die totale hoeveelheid fotos verminder, dit is geheel en al jou eie keuse hoe jy dit wil doen. Maak net seker dat die beelde deur ten minste 20% oorvleuel en dat daar sigbaar stilstaande voorwerpe in die foto is, wat jou sagteware instaat sal stel om hulle te identifiseer en aanmekaar te las

As jy met die vryhand fotos neem, staan in een plek, hou jou elmboë naby aan jou liggaam en draai net die boonste deel van jou liggaam, hou die kamera naby aan jou kop te alle tye. Verbeel jou dat jou bene 'n driepoot is en jou bolyf 'n driepootkop. Dit sal die effek van die parallaxfout verminder op jou beelde.

As jy klaar die foto geneem het, kyk ten minste een keer deur jou fotos op die "LCD" om seker te maak dat daar nie enige probleme is nie.

Die maklikste en vinnigste panoramas kan gedoen word met die vryhand. Glo dit of nie, maar die meeste van my panoramas is met, vryhand geneem. Hulle mag dalk nie so volmaak wees soos ek wil hê hulle moet wees ,in sommige gevalle nie, maar hulle is nog steeds goed genoeg om groot afdrukke van te maak.

Aanmekaar las van Panoramas in Sagteware

As jy klaar die fotos geneem het, het jy nodig om hulle aanmekaar te las met gespesialiseerde sagteware wat panorama fotos kan verwerk. Ek sal net wys hoe om Photoshop en PTGui te gebruik, maar jy is meer as welkom om ander panorama sagteware uit te probeer.

Die gebruik van Adobe Photoshop

Die aanmekaar las van fotos in Photoshop is super maklik. As jy Light Room gebruik, selekteer die beelde en regs kliek dan -> "Edit in" -> "Merge to Panorama in Photoshop ...". As jy nie Light Room gebruik nie, maak eenvoudig Photoshop oop en gaan dan na "File" -> "Automate" -> Photomerge ... ". 'n Venstertjie sal op-pop, wat soos volg lyk:

Die fotos word automaties vertoon as jy Light Room gebruik. As jy dit doen van Photoshop, kliek op "Browse" en kies die fotos wat jy wil saam voeg in 'n panorama. Maak seker dat die opsies “Blend Images Together” en “Geometric Distortion Correction” gemerk is, kliek dan OK. Dit sal die aanmekaarlas proses begin en kan somtyds 'n redelike tyd neem afhangende van die hoeveelheid fotos en hul grootte, sowel as die kapasiteit van jou rekenaar. Sodra die proses voltooi is, hoef jy net die foto te "crop" en dalk so bietjie finale verwerking te doen.

Gebruik PTGui

Behalwe Photoshop, is daar baie verskillende panoramiese sagteware beskikbaar, maar PTGui is seker die mees gewildste een. Ek gebruik dit al vir jare en hou regtig baie hiervan, maar moet erken dat Photoshop beter doen met die las van ingewikkelde en problematiese panoramas Wanneer jy PTGui oop maak, kliek op “Load images…”, selekteer die fotos wat jy aanmekaar wil las, kliek “Open” om die fotos oop te maak in PTGui. Sodra die fotos ten volle gelaai is, kliek op die "“Align images ..."- knoppie en laat PTGui die verbindingspunte bereken. Sodra die proses voltooi is, sal jy 'n nuwe venster sien wat lyk soos hierdie:

Kies die regte projeksie vir jou panorama keer dan terug  na die hoof skerm en kliek op die "Create Panorama ..." knoppie, wat jou sal neem na 'n aparte venster.  Stel die regte grootte en formaat van die foto en kliek weer op die "Create Panorama" knoppie om die aanmekaarlas proses te begin.

PTGui het 'n baie meer lasopsies as Photoshop, maar hierdie is die basiese beginsels en sodra jy begin rondspeel sal jy baie ander funksies ook ondek.

LEKKER SPEEL, GENIET JULLE PANORAMIESE FOTOGRAFIE!:-)

Views: 621

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Maronel Steyn on May 3, 2013 at 9:06am

Dankie Lientjie vir jou moeite met 'n heerlike uitdaging. Ek sal dit beslis nog wil probeer.

Comment by Anita du Toit on April 28, 2013 at 9:04pm

Dankie Lientjie, dis nou 'n lekker uitdaging!

Comment by Doretha Kock on April 26, 2013 at 5:32pm

Baie dankie Lientjie vir die hoe en pragtige voorbeelde.  Is definitief nog op my doen lysie.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html