Hoe om vinnig jou foto's te deel...op die internet

Hierdie les lyk dalk gevorderd, maar dit is eintlik baie eenvoudig...

In een van die gespreksforums vra iemand 'n baie interessante vraag. Hoe vestig jy jouself as troufotograaf? (of dan enige tipe fotograaf).

Ek het so 'n bietjie gedink en een van die beste metodes is om 'n webwerf te he waar mense na jou foto's kan gaan kyk. Ek het tot onlangs 'n blog gehou van die foto's wat ek van troues ens geneem het, maar dit was 'n gewone blogger webwerf wat nie baie netjies is nie.

Vanaand besluit ek toe om te sien wat kan mens in 1 uur doen. Ek het op www.godaddy.com 'n domeinnaam registreer. Dit kos so ongeveer R100.00 per jaar. As ek reg het kan jy ook by http://www.wookio.com ook domeinname registreer.

 Ek het op 'n unieke naam besluit:  www.troufotograaf.com Die rede is dat ek graag 'n treffer wil kry as iemand die woord troufotograaf in hulle soekenjins soos bv google intik.

Omdat die naam Afrikaans was, was dit redelik maklik beskikbaar.

Name soos weddingphotographer.com ens is reeds geneem, maar die Afrikaanse titels is nog beskikbaar. Onthou gerus om jou domeinnaam so eenvoudig as moontlik te hou. Jy kan sonder kostes kyk of die name beskikbaar is.

As jy 'n langer naam wil gebruik en geen kostes wil aangaan nie - dus net ter wille van die oefening - gaan gerus na www.wordpress.com en registreer vir jou 'n blog. Dit kos niks, maar die naam sal dalk bietjie langer wees, iets soos: www.myfotos.wordpress.com . Na registrasie sal jou kodewoord aan jou gestuur word per e-pos, en kan jy die blog begin bou. soos met www.blogger.com is dit relatief maklik, en kan jy binne 'n paar minute aanlyn wees.

Ek het sommer van my ou foto's uit my blogger webwerf ge-import, net om iets op die webwerf te kry. Die "import"-proses was doodeenvoudig - en binne minute was die webwerf so effe reg. 

Nou ja, my uur is pas verby, ek nooi julle om te gaan inloer by www.troufotograaf.com en voorstelle te maak! Onthou dit is nog baie elementer - maar dit gee my 'n skakel waar ek my portefeulje kan vertoon... onthou ook dat dit vir baie meer as troufoto's gebruik kan word!

So, ek sien uit na voorstelle! Dan kyk ons hoe maklik/moeilik dit is om 'n webwerf te bou.

Of, beter nog - besoek wordpress.com en maak jou eie webwerf en kom deel jou skakel met fotoskolers!

 

 

Views: 62

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on July 10, 2011 at 7:45pm

Hallo Weer -

Dit is twee dae later - hier is die baie interessante en merkwaardige deel: Omdat ek die webwerf in Afrikaans registreer het - iets wat baie min mense doen - is dit ook redelik vinnig beskikbaar as mens in Afrikaans soek na 'n troufotograaf! Soek gerus op Google na "Troufotograaf Bloemfontein" - en sien waar hierdie nuwe webwerf is - en ek het niks gedoen behalwe om dit te registreer en op die web te plaas nie! Dus, as jy jou foto's vinnig wil deel - die internet is inderdaad die plek! En dis maklik om 'n teenwoordigheid daar te kry...

Comment by Frans van Heerden on July 8, 2011 at 11:07pm

Fotoskolers: Gaan kyk gerus wat hier in n uur gedoen is. Dis amper te goed om te glo. As n paartjie nie met so iets (n besoek aan so n maklike web werf) n besluit oor die fotograaf se kundigheid kan neem nie, dan wonder ek wat mee rmoet n mens doen.

Dankie vir n baie goeie les Igno

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html