Iets om op te let wanneer jy 'n silhoeet-foto neem

Een van die lekkerste dinge wat mens kan doen wanneer daar min lig is, is om 'n silhoeetfoto te neem. Daar is egter so 'n paar dinge ten opsigte van komposisie om in ag te neem. Die foto hieronder het so 'n paar tekortkominge. Kyk gerus na die foto en dink self daaroor voordat jy verder lees.

Die heel eerste probleem is dat die model in die foto wegsmelt in die gras. Van haar kniee af kan mens nie regtig haar bene ondertoe sien nie, en lyk dit dus asof sy uit die gras groei.

Wanneer jy 'n silhoeet afneem, probeer ook sover as moontlik om jou model te laat "uitsprei" oor die foto. As hy/sy doodstil op aandag staan gaan dit soos 'n ovaal/reghoekige kol met 'n kop lyk. Die oomblik dat die arms uitsprei sien jy meer van die mens in die foto.

Jy kan dalk ook mooi let op die verhouding tussen die voorgrond en agtergrond. Soms gaan die reel van derdes jou dalk in die steek laat en kan jy meer van die "skoon" agtergrond vertoon.

In terme van tegniek, onthou gerus die lig moet gemeet word teen die agtergrond (dit verseker dat die voorgrond donker is, en nie gryserig nie), maar die fokus moet op die voorgrond wees. Die meeste digitale SLR kameras het die funksie wat dit toelaat.

Hier is 'n foto waarin ek so bietjie probeer toepas het van wat genoem is:

(Die model is meer uitgesprei, sy groei nie in die gras in nie, en daar is minder as 1/3 voorgrond)

Speel en deel gerus met julle silhoette!

Groete

Igno

Views: 157

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Susan on July 9, 2011 at 10:04pm
Pragtig Igno, dankie vir die les en raad.
Comment by Igno van Niekerk on July 8, 2011 at 4:18pm

Hallo Frans

Dankie vir jou terugvoer.

In Scott se geval dink ek hy verwys na die geval waar jy die persoon teen die lig wil afneem en dan die persoon se gesig wil sien - dit is wanneer hy dan die lig op die persoon neem en dikwels met 'n fill-in lig werk (en ook in Lightroom die fill light slider gebruik). So ek dink die beginsel verskil effe in die sin dat met die silhoeet wil ek net die donker buitelyne sien. Anders sal dit 'n contre-jour (teen die son) portretfoto wees - waar die sonsondergang dan basies soos 'n ateljeedoek slegs die agtergrond vorm.

Die pienk "cast" is waarskynlik as gevolg van die kleure van die sonsopkoms (dit is baie naby aan die helder lig as ek reg is) - die foto's is glad nie ge-edit in Photoshop nie, behalwe vir die raam en naam - so dit is wat die kamera opgetel het. Ek sou dit waarskynlik met levels heelwat donkerder kon maak en van die kleurskakering ontslae raak, maar in hierdie geval het ek volstaan met die ongeredigeerde weergawe.

 

Ek waardeer jou kommentaar baie, en wat jy se skep nog meer leergeleenthede vir almal op fotoskool. Baie dankie daarvoor.

Hoop my antwoord maak sin! :0)

Groete

Igno 

Comment by Frans van Heerden on July 8, 2011 at 1:07pm
Dankie vir die leer geleentheid. Ek wil graag weet of die foto nie te lig is aan die regterkant nie? Verder, Scot Kelby huldig die standpunt dat wanneer n mens n figuur in n sonsondergang afneem, moet die figuur "sigbaar" wees. Ek verstaan dat n siloeet en n sonsondergang verskillende kwessies is, maar is die beginsel van n "sigbare objek" nie dieselfde nie? Ek merk ook n ligte pink kleur("color cast" in die tweede foto op. Is dit "normaal"?

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html