In tamatiestraat... kom lewer gerus kommentaar voor ons die wenner aankondig!

Nou ja, dis ongelooflik om te sien watter pragtige gedagtes na vore gekom het vir die "Tamatiestraat" temafoto-kompetisie. Nou omdat hierdie week die groot stem-week is in Suid-Afrika, wil ek eers vir julle al die inskrywings wat ek kon raakloop wys:

(Indien ek iemand se foto gemis het, laat weet gerus)

Nou hier is die versoek - omdat dit stem-week is, sal ek graag julle kommentaar op die foto's wil hoor. (Klik gerus op die foto of voeg jou kommentaar onder aan die blog by). Jy hoef nie te beoordeel nie, maar laat weet sommer watter foto is vir jou snaaks, kostelik, uitnemennd ens... En dan, op stemdag sal ons die wenner aankondig!

 

Hier is Hanlie Sales se kotelike foto van 'n "Vrag wat verkeerd afgelaai is."

 

En kyk net na die moeite wat Charles Whitehead gedoen het...

 

Gerhard Beukes het die tamatie en die straat sommer lekker kombineer met 'n pappery onder die voet!

Etienne se foto het heerlike kommentaar uitgelok. En ja, die "tilt-shift" tipe effek (met die blur) onderskryf die gevoel van 'n outentieke speelgoedstraat:

Vir Anet het dit gelyk of die kole net te veel vir die trok geword het!

En kyk net wat het Lientjie raakgeloop - (snaakse plekke waar jy uithang, Lientjie):

Antoinette het Tamatiestraat sommer op die sportveld gevind:

 

En Giel op 'n boot!

Nou ja, soos genoem, kom gesels saam oor die Tamatiestraat tema deur jou kommentaar onder aan die blog of by die foto te plaas...

En hopelik laat 'n paar van hierdie foto's julle sommer lekker glimlag!

 

 

Views: 87

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerhard Beukes on May 16, 2011 at 10:14pm
jong ons sal maar een moet uit dink soos oubaas sal se met baie gevleulde woorde
Comment by Charles Whitehead on May 16, 2011 at 10:11pm
Gerhard - wat is jou party se naam ? :-)
Comment by Gerhard Beukes on May 16, 2011 at 9:40pm
hi Igno sommer net tong in die kies, dankie vir die pragtige webbladsy en die geleenthede wat hier geskep word. ek leer baie
Comment by Igno van Niekerk on May 16, 2011 at 9:36pm

Hallo Gerhard

Ja, dalk moet ons die temafoto "Oop toilet" op 'n stadium inbring. Net jammer al die oop toilette is tans toegegooi met politici. Minstens bepaal die skoenmakers hulle by... toemaar wat... :-)

Comment by Gerhard Beukes on May 16, 2011 at 9:32pm
In lyn met die verkiessings tyd sal ek vir die volgende staan: indien julle vir my stem sal ek dadelik 'n national fotodag afkondig met so soveel gratis afdrukke as wat julle wil he, ons sal huise afneem (met werkende en toegeboude toilette), ons sal nuwe toerusting koop (al weet ons nie hoe dit werk nie) ons sal dit dan uitdeel vir die wat nie het nie, sodat ons weer nuwe kans kry. Ons sal staan op ons reg om soveel fotos te neem as wat die lig ons toelaat. Dankie vir julle ondersteuning gedurende die moeilike tyd.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html