Is daar dalk fotograwe wat hulself dalk al op die terrein van Infrarooi fotografie begeef het? Ek het onlangs van n instansie verneem wat kameras teen n bekostigbare fooi, omskakel sodat dit uitsluitlik as n infrarooi kamera gebruik kan word. Die kostes om byvoorbeeld n Nikon D60 om te skakel beloop slegs GB P 250 (Great British Pounds) - dit is aansienlik goedkoper as wat dit sou kos om n infrarooi kamera aan te skaf. Die voordeel is dat n mens teen hierdie fooi, met n kamera sit wat spesifiek infrarooi fotos kan neem In die geval van DSLR, kan die fotgraaf dus die lense na hartelus ruil en steeds met die verskeidenheid lense infrarooi fotos neem.

Die alternatief is om infrarooi filters te bekom en dit aan die lens(e) te skroef. Maar dan is die beperking van die lense se die verskillende lense se deursnit en eindig n mens met n situasie waar jy n infrarooi filter vir elke lens moet  aankoop. Dit kan n aaklige bedrag behels.

 

Ek hoor graag van ander fotograwe.

Views: 114

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Frans van Heerden on April 10, 2011 at 5:04pm
Baie dankie Ettiene - dis voorwaar baie raad en advies. So terloops ek weet nie of jy gesien het nie, maar die agentskap wat die omskakeling doen in in Engeland. Weet jy dalk of dit raadsaam is om so n omskakeling te laat doen? Of is die ideaal maar om n "dedicated" infrarooi kamera aan te skaf? Ek het op Amazon n paar boeke oor die onderwerp kon identifiseer - kan jy dalk n bepaalde boek aanbeveel?
Comment by Frans van Heerden on April 9, 2011 at 4:22pm

Etiene

Ek dink die foto wat jy hie rgeplaas het, het regtig besonder goed uitgekom -Geluk man. Watter weergawe van Photoshop gebruik jy?

Het jy, voordat jy begin het, eers jou eie navorsing gedoen en opgelees? Wat dink jy is die tipe onderwerpe wat die beste vir infra rooi fotografie geskik is?

Hier waar ek tans in Kuwait woon is n menigte ou gebou maar die bome is maar aan die min kant.Ek weet nie of ou geboue goeie infrarooi prentjies gaan maak nie. Laat gerus weer van jou hoor.

 

 

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html