Ek het 'n Canon 50mm 1.8 EF II "prime lens" Hoe sal ek weet of daar iets fout is met die lens? Ek kry baie "blur" foto's van dit af. Ek gebruik meestal Auto Focus, want my oê is te 'crappy" en ek kan nie my Manual Focus altyd vertrou nie. Ek blur nie met my ander lense nie wat 2 zoom lense is. Is daar 'n manier wat ek die lens kan toets of iets. Ek wil hom nie eens meer gebruik nie, en dit is veronderstel om beter te wees as die ander twee.

Groete

Elizma

 

Views: 146

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elizma Fourie on June 19, 2012 at 6:17pm

Dankie Jackie ek weet hoe om dof te kry en waar om my kamera te stel om dit te kry. Die ding wat my pla van die 50mm is regtig die baie blur foto's. Volgens my moet dit 'n baie vinniger lens wees as die zoom lense en met hulle kry ek omtrent nooit 'n blur nie, dalk 'n fokus fout op verkeerde punt van fokus. Maar ek dink jy is reg ek gaan bietjie op f11 en kleiner begin werk en sien of dit nie verbeter nie, ek wil nou kos foto's neem maar aijaijai die fokus is werklik 'n probleem. Omdat dit in natuurlike lig meestal moet afgeneem word beteken dit nou ek sal moet my ISO verhoog of die shutter stadiger maak, en ek hou nie eitnlik van die tripod nie, verkies die hand vir die "angles" maar ek dink ek gaan maar bietjie speel miskien is die "grain" nie te erg op verhoogde ISO nie, en die fokus perfek of ten minste 'n groter gedeelte van my foto in fokus. Baie dankie vir jou raad. Ek wonder ook of ek nie partykeer te naby aan my voorwerp wil beweeg nie, want nou dat ek daaraan dink 'n groot gedeelte van die koerant was redelik in fokus. Okay ek gaan toets en vertel

Comment by Jackie Blackford on June 19, 2012 at 5:00pm

Probeer die lens eerder met 'n 'n apature van F11-F22 om die skerpheid te bepaal.  Die F1.8 wat die lens tans op is, versoorsaak baie diepte van veld.  Hierdie effek maak dat foto 'n baie klein area het wat in fokus is.

Ek gee vir jou twee uitsluitsels oor "Aperture"  

 

Ek hoop dat dit help.

DEPTH OF FIELD

Depth of field refers to the range of distance that appears acceptably sharp. It varies depending on camera type, aperture and focusing distance, although print size and viewing distance can also influence our perception of depth of field.

Three main factors that can be used to control depth-of-field
1 The aperture.
There's a simple, direct relationship between aperture and depth-of-field - the smaller the aperture, the more extensive the depth-of-field.
So if you want to keep as much as possible sharp, you should set as small an aperture as possible - preferably f/16, or even f/22 if your lens offers it.
Depending on lighting conditions and your film stock, you may need to use a tripod or some other form of support at such small apertures, as the resulting long shutter speeds create a risk of camera-shake.
If, however, you want to concentrate attention on just one part of the scene, and throw the rest out-of-focus, you should select a large aperture. Exactly how large this can be depends on the maximum aperture of the lens you're using. On a 50mm standard lens it will be f/1.7, f/1.8 or f/2, but on a standard zoom it will typically be f/3.5 or f/4.5.
For general picture-taking, when you want most of the picture to be in focus, you might want to set a middling aperture of around f/8 to f/11.
This is what a program exposure mode sets when left to its own devices Whenever possible you should take control of aperture selection and use either an aperture-priority or manual mode.

Comment by Elizma Fourie on June 19, 2012 at 2:48pm

Okay getoets aangesien ek net 'n Canon 600D het sal ek nie die micro adjust kan doen nie. Ek het die foto's geneem met die selftimer en tripod sodat ek nie die kamera beweeg nie. Die manual fokus is skerper as die auto fokus oor die algemeen albei verdof egter hoe verder na die kante toe. Die manual fokus verdof meer na die kante toe as die auto focus.  EF 50mm  F/1.8 1/1000 ISO 100. So wat is die uitslag? Die outomaties stem nie 100% ooreen met die "manual" nie, die manual lyk beter altwee verdof na die kante toe, die "manual" egter meer as die automaties. Is dit nou 'n tegniek fout?

Comment by Elizma Fourie on June 19, 2012 at 1:24pm

Dankie Charles gaan dit probeer wat jy sê en terugvoering gee.

Comment by Charles Whitehead on June 19, 2012 at 1:08pm

Vergeet om te noem, hou jou fstop so groot oop as moontlik

Groete

Comment by Charles Whitehead on June 19, 2012 at 1:08pm

Hi Elizma

Dis 'n moeilike vraag om sommer uit die hand te antwoord maar ek gaan probeer help. Lense kan basies twee tipe probleme kry naamlik :

  • Die lense binne in die lens kan uit "alignment" wees fabrieksfoute of dalk 'n harde stamp of 'n val
  • Die lens is heeltemal reg maar die fabriek toleransie kan sodanig wees tesame met jou kamera dat die lens voor of agter die fokusvlak fokus

Beide foute is lastig maar die tweede een kan maklik herstel word met sekere kamera "body's" as jou kamera "micro adjust" van lense kan doen

Die maklikste manier om te kyk is om die kamera en lens kombinasie op 'n stewige driepoot te plaas en iets af te neem wat nie te ver van die kamera is nie (so 1-2 meter) soos byvoorbeeld 'n koerant teen 'n muur vasgeplak met baie teks op. Doen een foto outomatiese fokus en dan een ook manual fokus.

Ek is nie seker watter Canon jy gebruik nie, maar fokus die manual met Live view as jy kan (5x vergroot).

Kyk dan mooi na die fotos op die rekenaar teen 100% vergroting. Kyk veral na die fotos op die kante teenoor die middel. Indien die fokus egalig uit is, is dit voor of agter fokus.

Indien die een kant van die foto skerp is en die ander uit fokus, is die lense binne in die lens skeef. Indien iets hier nie pluis is nie moet jy maar daaraan dink om die lens in te stuur.

As alles reg is en die outomaties stem ooreen met die manual fokus, dan moet dit jou tegniek wees soos dalk 'n te lae sluiterspoed wat kamera beweging veroorsaak. Ook kan jy dink aan microadjust van die lens en kamera kombinasie. Lees gerus deur my blog in die verband vir meer inligting : http://fotoskool.co.za/profiles/blogs/micro-adjustment-van-lense

Jy kan ook op die manier 'n vergelyking tref tussen twee lense betreffende die skerpheid en fokus akkuraatheid. Indien jou kamera nie "micro-adjust" kan doen nie en dit blyk die probleem te wees, kan jy beide die kamera en lens kombinasie instuur vir herkalibrasie.

Vra gerus indien jy iets nie verstaan nie of nog inligting verlang.

Groete

Comment by Jackie Blackford on June 19, 2012 at 11:38am

Is dit die geval met alle verstellings(F-stop en Sluiterspoed)

Comment by Isoldé Laesecke on June 19, 2012 at 10:40am

As jy 'n antwoord kry hierop sal ek dit waardeer as jy my sal laat weet Elizma !?

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html