Ek weet vandag nie werklik waar presies om weg te spring met hierdie blogpost nie. Daar is soveel om in te sluit en ek wil ook nie net alles noem en nie genoeg se nie. Kom ek begin maar sommer net op 'n punt en dan sal ek in die volgende paar weke hier en daar ander dele bywerk.


Ons geniet dit almal om fotos te neem. Ons geniet dit net nie altyd almal of voor die kamera te sit nie.  Ek was Saterdag vir so rukkie by 'n troufotografie werkwinkel en ek het weer gesien hoe mense hulself kreatief kan uitleef wanneer dit by die neem van fotos kom.  Ek dink ek gaan dalk nie nou daarop fokus nie, maar eerder oor wat jy doen na jy nou die fotos geneem het.  Jy het hulle verwerk en jy is baie trots op jouself omdat jy nou sulke mooi fotos geneem het.  Jy wil dit nou met almal deel, maar jy weet nie werklik hoe en waar nie.


Die maklikste ding om te doen is om 'n Blog te skep.  Jy kan dit gratis doen, by www.wordpress.com of  www.blogger.com daar is natuurlik 'n magdom ander blog platforms wat jy kan gebruik.


Indien jy net wil fokus op 'n plek om jou fotos net in gallerye te gebruik dan kan jy van dienste soos, www.flickr.com, www.photobucket.com of www.smugmug.com gebruik.  Hierdie dienste gee jou 'n gratis opsie, indien jy meerspasie benodig kan jy natuulik die diens opgradeer deur 'n paar rand te betaal.


Die voordeel van hierdie dienste is natuurlik dat jy die gallerye saam met jou blog kan gebruik deur net 'n stukkie html-kode te "copy" en "paste".  Sonder om 'n sent te spandeer kan jy 'n baie professionele blog skep deur van hierdie gratis dienste gebruik te maak.

 

In van my volgende blogposts sal ek meer vertel oor hoe om 'n domain gratis te registreer vir jou blog en 'n paar ander wenke oor hoe om jou self bietjie meer sigbaar te maak op die web. Dalk kan jy nog 'n paar rand maak? 

Views: 29

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on March 29, 2011 at 7:24am
Hallo Nico! Baie dankie dat jy vir fotoskool skryf. As een van die land se gurus op sosiale netwerke dink ek ons gaan almal nog vrek baie by jou leer. Sien uit na jou bydraes! Groete, Igno

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html