Aangesien ek nog nuut in die fotografie wêreld is, het ek nog al my foto's in jpeg geneem. Nou hoor ek dat as jy in raw skiet, jy meer met die foto kan 'doen'? Voordele en nadele van jpeg vs raw?

Views: 132

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elizma Fourie on August 5, 2012 at 10:59pm

Ek het ongelukkig canon en ken nie nikon nie, onthou net jy sal nie jou raw foto's in bv. My Pictures kan sien nie, jy sal die leêrs daar sien maar nie die prentjie nie. Miskien kan iemand anders hier vir jou help om te sê op Capture NX2 nikon se raw foto's aflaai. Ek laai en sorteer al my foto's in lightroom, het ook met canon se camera raw begin, en was ook eers heel verward, nou begin en eindig ek sommer in lightroom. Die program doen nogal 'n goeie job van foto's bere en liaseer in "catalogs" ens. Ek leer ook maar dag vir dag so stukkies by. As NX2 dit afgelaai het kyk of daar nie nog 'n deel van die program is waarin jy dit kan view, edit, en convert nie, behoort te wees. Jammer ek kan nie nou meer help nie

Comment by Gerhard Oosthuizen on August 5, 2012 at 8:57pm

Dankie julle! Nou sit ek met een probleem...ek gebruik die program "capture NX2" vir nikon, maar hy kry nie my RAW foto's gelees nie? Wat nou? Jammer, maar ek is maar nog dom met die goed!

Comment by Charles Whitehead on August 4, 2012 at 7:51pm

Gerhard - Lees gerus een van my vorige blogs deur : http://fotoskool.co.za/profiles/blogs/die-stryd-tussen-raw-en-jpg-1

Comment by Elizma Fourie on August 4, 2012 at 10:18am

Ek neem net in RAW af dit is dit. Igno verduidelik dit mooi in sy blog, maar as jy eers die praktiese ondervinding van dit opdoen sal jy gou agterkom wat die verskil is. Daar is hope en mooi foto's van my wat nou al 'n tyd terug afgeneem is in Jpeg (omdat ek nie van beter geweet het nie), as ek hierdie foto's probeer verbeter kom ek baie gou agter die verskil tussen jpeg en raw, en ek is so vies vir myself dat dit nie in raw is nie, want daar is soveel data wat ek verloor het, ek kan nie crop soos in raw nie, ek kan nie WB stel soos in raw nie, punt is jou data is net te min. Die nadeel is die groote van die file's en dit is veral 'n probleem as jy op vakansie ens. is, ek neem maar 'n laptop saam en laai maar die dag se foto's af om more maar weer van vooraf te begin. Die ander nadeel is jy kan dit nie aflaai op jou rekenaar soos jpeg's nie en kort 'n program wat die raw files kan lees, maar na so 'n maand van sukkel kry jy dit ook sommer gou onder die knie- maw jy kan ook nie jou foto's sien soos in jpeg nie, maar net in die raw processor program. Voordele is baie, jy verloor nooit jou oorspronklike data nie, maw as jy vandag jou foto pienk gemaak het, en jy wil dit oor 3jaar pers maak, kan jy dit nogsteeds doen. Programme wat RAW verwerking doen is maklik en fantasties. Die mense by die huis kan nie in my foto's rondkrap nie, WANT HULLE WEET NIE HOE WERK DIE RAW NIE hahaha. Ek kan aan en aan gaan, maar die punt is ek neem in niks anders af as RAW nie. Uit en gedaan. Jpeg is net vir save sodat ander darem ook die foto kan sien en print ens. So my stappe is RAW, Tiff (as ek PS sou gebruik) en dan Jpeg. Hoekom Tiff? Want Tiff is ook groot leêrs en hou jou "layers" ens en jy kan 'n tiff file ook redelik goed manipuleer wat nie met jpeg moontlik is nie. Nou daar is my 5c vir die dag

Comment by Igno van Niekerk on August 3, 2012 at 1:07pm
Comment by Igno van Niekerk on August 3, 2012 at 1:03pm

Loer gerus na vorige blogs hieroor, onder andere by:

http://fotoskool.co.za/profiles/blogs/raw-vs-jpeg

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html