Hey almal

Ek gaan bietjie kalahari nasionale park toe tydens Desember. Behalwe dat ek baie warm gaan kry, is daar dalk enige tips, voorstelle of foto's waarop ek kan fokus??

Views: 95

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerhard Oosthuizen on October 18, 2012 at 8:10am
Dankie Elizma. Ek moet met jou saamstem. Was amper 6 jaar terug daar en het ook die meeste wild by Nossob gesien.
Comment by Elizma Fourie on October 17, 2012 at 5:57pm

Gerhard ek stem saam met Susan. Gaan vroeg oggend uit, hulle is baie lief vir die watergate en vreet dan nog gewoonlik aan die vangs van die nag (of altans pas dit op sodat die jakkalse en die ander nie daaraan mag eet nie) Hier van 10-11 uur gaan terug na JOU lê plek toe, gaan rus want net soos jy warm kry, kry die diere ook warm en hulle doen NIKS, staan net onder die koelte bome. 4uur middag ry weer uit, watergate toe, en kom terug net voor die hekke toemaak. Jy sal baie diere sien. Nossob is natuurlik die lekkerste vir my! 

Comment by Gerhard Oosthuizen on October 17, 2012 at 7:35am
Dankie Susan, dit help my al verskriklik baie! Jy sien seker al uit? Geniet dit en laat weet hoe dit was.
Comment by Susan on October 16, 2012 at 3:02pm

Hi Gerhard, daardie tyd van die jaar is dit droog en het nog nie baie gereen nie en die Leeus en bokke bly om die watergate. Dit is te warm vir hulle om diep die veld in te gaan. By Mata Mata kan jy veral by 13de en 14de gat gaan sit. Onthou jy gaan vroeg uit saam met die hek wat oopmaak. Nossob is daar paar plekke, maar ons is veral lief vir Kubetjiekwap (sonopkom skyn in die wild se oë) en Marie se draai kry weer middag son reg vir die wild. Ons gaan oor 3 weke dan sal ek jou weer op hoogte hou.

Comment by Gerhard Oosthuizen on October 16, 2012 at 12:33pm
Gaan vanaf 16 tot 23 Desember. Bly 3 nagte in Nossob en 3 nagte in Mata Mata.
Comment by Adele Gryffenberg on October 16, 2012 at 10:44am

Bly in die rivier lope, ons het die meeste wild daar gekry.

Comment by Susan on October 14, 2012 at 8:13pm

Hi Gerhard, gee bietjie meer detail. Waar gaan jy oral bly en vir hoelank. Ook watter tyd in Des gaan jy?

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html