Ons het 'n Nikon D3100 kamera.  Ons gaan in die Junie/Julie skoolvakansie Europa toe, en 'n kamera-sak/lense en bagasie gaan 'n probleem wees.  Ek wil liewer vir ons 'n klein kameratjie aanskaf om sommer in my denim se sak te dra, maar nog steeds mooi foto's neem van goeie kwaliteit.

Ek het tans die volgende aanbevelings: Fuji Finepix F700 EXR 16mp;  Canon powershot SX240 12mp; Nicon coolpix S4300 16mp.

Ek sou graag wou weet of daar ander aanbevelings is en/of watter een van hierdie 3 die beste opsie sou wees.   

Views: 102

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Henriette Visser on May 2, 2013 at 6:22pm

Ek het in Junie verlede jaar vir my 'n Sony DSC-HX200V aangeskaf (nadat ek 'n tragedie met my SLR beleef het). Dis nou nie heeltemal so klein soos die wat jy na kyk nie, maar ek neem (vir hierdie jaar) eksklusief foto's hiermee. In my navorsing was die drie kameras wat die hoogste aangeskryf was die Sony, die Panasonic en die Nikon. Nie een van die vele 'reviews' het die Canon aanbeveel nie. Ek het sommer vir my by Cape Union Mart 'n klein sakkie gekry (nie spesifiek 'n kamerasak nie). Was in September oorsee en dit het baie goed gewerk.

Comment by Anet Potgieter on May 1, 2013 at 10:08pm

DANKIE CHARLES VIR JOU RAAD, EK IS OOK BEVOORREG OM IN JUNIE/JULIE EUROPA TOE TE KAN GAAN.

Comment by Francien C-Photography on May 1, 2013 at 9:16pm

O, ek wil net noem dat ons ander kameras het Nikon D5000 en die 7000 maar as ek vining iewers heen ry is dit altyd die Fuji wat saam gaan. Foto kwaliteit is baie goed en hy het n raw funksie ook.Dit wat Charles geskryf is natuurlik die beter opsie en ek het vir my n baie lekker klein tog gerieflike rugsakkie gekoop. Baie handige ding om te he.

Comment by Francien C-Photography on May 1, 2013 at 9:09pm

Ek is al deur n hele paar bridge kameras maar die beste sover is die Fuji Finepix HS 20.Hy het n lekker zoom ,is nie swaar nie .N bietjie duur maar deur en deur sy geld werd.N kamera wat in vele opsigte kers vashou by by ander met verskillende lense.Vir so n vakansie- beslis my keuse. Hoop dit help.

Comment by SJ Botha on April 30, 2013 at 8:52pm

Samsung Galaxcy, alhoewel nie presies goedkoop nie, maar jy kry fantastiese warde vir jou geld. Dit het wifi, Androit en ook puik optiese zoom. Sover ek kan sien ideaal vir wat jy wil doen.

Comment by Gene on April 26, 2013 at 6:38pm

Vat die Nikon DSLR saam en klaar. Charles het al die punte uitgeklaar.

Comment by Charles Whitehead on April 26, 2013 at 5:36pm

Nog iets wat ek wou byvoeg is om te verseker jy ken jou kamera en verstellings deeglik. Soms is die lig moeilik en daar is nie altyd genoeg tyd om jou verstelling te probeer uitklaar nie.

Raak gemaklik om jou kamera se flits orals te gebruik, selfs in sonlig om skaduwees te vul. Indien jy nog nie jou kamera se boekie deurgelees het nie ... :-)

Comment by Charles Whitehead on April 26, 2013 at 5:17pm

Karien

Jy vra nou 'n moeilike ding en ek gaan jou my eerlike antwoord gee :-)

Die probleem is dat jy die een kans het om mooi of interessante fotos te neem. Jy kom dalk nooit weer daar nie. Dis waar wat jy noem van die beslommernis oor 'n SLR saam piekel orals, maar glo my, dit gaan die moeite werd wees

Die nadele met klein kameratjies is foto kwaliteit en daai kort batterylewe wat nie eers 'n dag lank hou nie. Dan praat ek nie eers van die beperkinge op verstellings nie. Jy gaan gefrustreerd wees indien jy lief is vir fotografie

Die kamera en een lens kan jy sommer in jou handbagasie plaas vir die vlug, moet dit nooit in jou tas plaas nie. Gedurende die dag deur die toer kan jy dit om jou nek of in jou rugsakkie dra. Ek het ook al geleer om die kamera om jou nek gereed vir aksie te dra. Soms gebeur daar iets te vinnig om nog die kamera te soek in 'n rugsak :-(

Indien jy die Nikon neem, let net op na die volgende :

Kry vir jou 'n kleinerige kamerasak wat dalk ook as 'n handsak vir beursies en paspoorte kan werk. Indien dit gemakliker is kan 'n klein rugsakkie vir kameras ook werk. Ek weet nie watter lense jy het nie, maar 'n medium zoom van 18-105 of selfs die 18-200 behoort voldoende te wees. Jy gaan nie baie lang lense nodig hê nie, jou meeste fotografie gaan naby wees van argitektuur/mense of landskappe.

Sorg vir 'n ekstra battery wat jy elke aand kan laai (en die laaier met 'n internasionale kragprop !) asook ekstra geheuekaartjies. Moet nie 'n rekenaar van enige aard neem nie, dit raak 'n beslommernis

Los jou driepoot by die huis - die kanse dat jy hom gaan nodig hê is skraal. Indien jy dalk kans sien vir 'n ligte monopoot kan jy dit dalk in jou tas pak, maar ek sal dit ook by die huis los. Die fotonemery is gewoonlik so vinnig dat jy alles maar uit die hand skiet.

Verseker die kamera en lens(e) vir die tydperk wat julle daar is. Maak 'n getikte lys in engels van die items met serie nommers om vir SARS op die lughawe te gee net om jouself te beskerm

Kry vir jou 'n hele klomp kleinerige geheuekaarte, so 4 Gb rond. Indien van jou kaartjies verlore raak of iets oorkom, is al jou fotos nie daarmee heen soos met 'n groot kaart nie

Sterkte met jou keuses en vra gerus indien daar nog vrae is

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html