Vriende, ek het n idee wat nou al lank by my spook. Ek wil graag n lang Karoo toer doen en net foto's neem. Maar ek het gedink ek moet dit nie alleen doen nie. Ek het n leker TDi Kombi en wil hoor of daar miskien belangstelling sal wees om 3 manne (fotograwe wat hou van die Karoo en ry) saam te neem. Ek bly in Aliwal noord en beplan dit soos volg. Aliwal noordoor Colesberg, Hanover, Richmond naVictoria Wes, met n draai op Murraysburg. Daarna na Loxton. Carnavon en Williston. Van daar na Calvinia, Middelpos en dan die Tankwa Karoo Park. Dan na Sutherland, Matjiesfontein met links na Merweville. Daarna na Ladismith, Calitsdorp met die klomp bergpasse. Dan na Oudshoorn, oor die Swartberg pas, en die Hel natuurlik, na Prins Albert. Daarna naKlaarstroom, Meiringspoort en dan De Rust. Volgende is dit Willowmore, Steytlerville en dan Baroe na Wolwefontein. Dan na Waterford, Somerset Oos en dan Kookhuis. Laaste stoppe op Cradock, Hofmeyer en dan Steynsburg terug na Aliwal Noord. Saak is dit ongeveer 2800 km en die dae beloop 14 dae. Kostes moet ek bereken vir brandstof, etes en verblyf. Almal wat saamgaan gooi die bedrag geld in, en ons leef daaruit. As ons terugkom dan deel ons 4 dit wat oorbly. Wat dink julle daarvan. Indien belangstelling, e pos my asb na smitdeon@telkomsa.net    EK DINK DIT KAN N ONGELOOFLIKE KAROO SAFARI WEES MET DUISENDE FOTOS.

Views: 98

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html