Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Vriende, ek het n idee wat nou al lank by my spook. Ek wil graag n lang Karoo toer doen en net foto's neem. Maar ek het gedink ek moet dit nie alleen doen nie. Ek het n leker TDi Kombi en wil hoor of daar miskien belangstelling sal wees om 3 manne (fotograwe wat hou van die Karoo en ry) saam te neem. Ek bly in Aliwal noord en beplan dit soos volg. Aliwal noordoor Colesberg, Hanover, Richmond naVictoria Wes, met n draai op Murraysburg. Daarna na Loxton. Carnavon en Williston. Van daar na Calvinia, Middelpos en dan die Tankwa Karoo Park. Dan na Sutherland, Matjiesfontein met links na Merweville. Daarna na Ladismith, Calitsdorp met die klomp bergpasse. Dan na Oudshoorn, oor die Swartberg pas, en die Hel natuurlik, na Prins Albert. Daarna naKlaarstroom, Meiringspoort en dan De Rust. Volgende is dit Willowmore, Steytlerville en dan Baroe na Wolwefontein. Dan na Waterford, Somerset Oos en dan Kookhuis. Laaste stoppe op Cradock, Hofmeyer en dan Steynsburg terug na Aliwal Noord. Saak is dit ongeveer 2800 km en die dae beloop 14 dae. Kostes moet ek bereken vir brandstof, etes en verblyf. Almal wat saamgaan gooi die bedrag geld in, en ons leef daaruit. As ons terugkom dan deel ons 4 dit wat oorbly. Wat dink julle daarvan. Indien belangstelling, e pos my asb na smitdeon@telkomsa.net EK DINK DIT KAN N ONGELOOFLIKE KAROO SAFARI WEES MET DUISENDE FOTOS.
Comment
Deon, ek dink jy het 'n puik idee daar beet. Nie vir my nie, maar julle beoog om baie mooi plekke te gaan sien en dus nie op hoofroetes te bly nie, en dis waar die mooi inkom. Sal lekker wees om jul fotos te sien. Hoop julle voer jul planne uit!!!
Hi Dana. Dit klink al hoe lekkerder. Maar ons moet dit beperk dan tot 2 voertuie en maksimun 6 mense, vir die doel van slaapplek. Maar ons gaan weer praat. Groete.
Hi Deon. Dit klink na 'n blink gedagte. Ek sal ook graag so iets wil doen. Ek sal dit graag met my eie voertuig (4x4 Jeep Cherokee - CRD) wil doen. Bergpasse ensomeer behoort nie 'n probleem te wees nie en dan is daar 'n ondersteuningsvoertuig ook by sou een van ons dalk 'n probleem optel. As daar dan meer mense is wat die toer wil meemaak, kan daar dalk nog een of twee saam met my ry. Kyk solank na die datuns waaraan jy gedink het en laat weet. Ek is afgetree en tyd is nie 'n probleem nie. (danpienaar@telkomsa.net)
More. ek het rofweg n berekening gedoen en maar op n maksimum gewerk. Verblyf teen R300 per persoon per dag en R300 se etes per persoon per dag. Dit werk vir 14dae R8400 uit plus elkeen gooi R1200 by vir petrol. So die foto safari vakansie vir 14 dae werk uit R9600 per persoon. Ek glo dat daar plekke is waar ons goedkoop kan bly. So die hele situasie is dat ons alles in n kitty gooi en n minister van finansies het wat dit bestuur en aan die einde van die toer, deel ons die bedrag wat oor is in 4. Hoe klink dit. Ek oorweeg so safarie iewers in Februarie/Maar 2015
Bereken gerus die kostes, dan praat ons.
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool