Liewe Fotoskool lede,

 

Ek wil graag met julle my storie deel en ek kan ongelukkig dit nie met net 1 foto vertel nie, maar ek het die 4 foto's as een gemaak.

Klein Jos (Jozette) is gebore nadat haar Ma en Pa vir 12jaar gesukkel het om 'n kindjie te kan hê. Sy is soos 'n engeltjie wat gestuur is vir haar ouers en die dierbaarste ding wat ek ken.  Ongelukkig met vandag se ekonomie en die lewenskostes wat so duur is, is haar Ma gedwing om aan te hou met werk soos baie Mamma's maar moet. Gelukkig het Jos die Oulikste Dagmamma wat net na haar kyk en al die aandag en liefde vir haar kan gee. Daardie Mamma is my beste vriendin en ek het die voreg om hierdie Engelkind van klein af te leer ken en omdat ek so klein hoekie in my huis het waar ek foto's neem, het sy saam met dit groot geword en sal baie geland al gaan sit as sy sien die "setup" is opgestel. Laas jaar het ek vir haar gevra om saam te speel sodat ons vir Mamma en Pappa 'n verrassing kan maak. My idee was om 'n AV te maak met kersfees musiek en dan foto's van haar te gebruik. Die hele plan het baie mooi gewerk en klein Jos het soos 'n droom saam gewerk.  Die verhaal begin waar sy in die wasgoed mandjie wegkruip en dan stadig moet uit loer en dan op moet spring en uitroep vir Ma en Pa en sê, hier is ek! My verhaal is van sukses, sy het mooi saam gewerk, die AV was baie suksesvol en het natuurlik almal in trane as hulle daarna kyk. Ek moes vir almal AV op CD skryf vir Ouma's en Tannies en die hele Familie. Dit is sulke stories wat Fotografie vir my lekker maak. Die onskuld van 'n kind en die waardering daarna.  Mag elkeen van julle 'n Heerlike Vreugdevolle dag en jaar ervaar.

Views: 144

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Susan on December 25, 2011 at 9:28pm

Baie dankie Charles. Hoop dit is vir julle ook 'n pragtige geseënde jaar en hoop om bietjie meer in Bloem te kom om van die kursusse by te kan woon.

Comment by Charles Whitehead on December 25, 2011 at 9:13pm

Susan - dankie vir die pragtige storie, die fotos is kostelik !

'n Baie geseënde Kersfees vir julle daar in Kathu en omgewing en mag 2012 baie mooi fotos voortbring. Mag God julle bewaar vir die komende jaar

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html