Voor ek kan verduidelik hoe, wat en waar is daar eers ‘n paar geheime wat ek moet uitlap:

 

My CRIP-boek:

Dis ‘n A5 hardeband boek wat ek altyd by my rond dra.

In die book skryf, teken en plak ek alles wat ek nog wil afneem…. bv. ‘n skeepswrak met die son wat onder gaan….  

Daar is ook foto’s wat ander fotograwe en waar moontlik hulle kamera settings! (ek gaan nie hulle foto dupliseer nie maar my eie soek)

My DRIEPOOT:

On-ontbeerlike stukkie toerusting…. Dis nou as ek onthou om dit in te pak! Aan my driepoot is my “cable release” vas gemaak met die wonderlike “Two-sided Velcro tape met die loops aan die een kant en op die rugkan die hooks”

My KAMERA:

Ek het ‘n CANON 7D maar het ook ‘n 350D en 400D wat ek al suksesvol gebruik het. In die ou dae met film kamera was dit baie moeiliker... jy moes eers wag tot die film vol is en dan nog ‘n week om te sien hoe jou fotos uitkom!

My KOP:

 Ek is in lewe ‘n sport mens en my kompiteerende eienskap kan ek nie verhelp nie! Ek moet alles kan doen en sal aanhou tot ek dit reg kry.

 

Nou SO MAAK MENS:

  1. Sit jou kamera op ‘n driepoot, ek het myne by die huis vergeet so moes gebruik maak van ‘n draadtafel, 2 x amo-bokse, my beanbag en doudle sided valcro
  2. Stel jou kamera op sy grootste lensopening... met ander woorde die kleinste f/stop op jou lens... ek het 4.5 gebruik.
  3. Stel jou ISO op die hoog moontlikste... ek het ISO 6400 gebruik... dis belangruk dat as jou kamera ‘n funksie het wat die “noise” mindermaak jy dit moet aan sit.
  4. Fokus is op oneindig " infinity"  .
  5. Dan mik jy suid met jou kamera... maklik as die son aan jou regterkant ondergaan is suid reg voor jou! As jy wil presies wees...

  1. Gebruik die langste sluiterspoed... 30 sek sodat daar genoeg lig in gelaat kan word.4.Omdat ek nie my driepoot gehad het nie en ook nie my Cable release nie het ek die 10 sekonde delay op my kamera gebruik om eers die foto na 10 sekondes te neem
  2. Whala! Daar is jou melkweg

Hoop dit help en sal graag julle fotos ook wil sien! :) 

Views: 189

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by ISSI POTGIETER on October 31, 2013 at 12:42pm

Maronel, Dis net 'n plesier... as dit nie vir iemand anders was, wat sy kennis met my gedeel het nie, het ek ook nie geweet nie!

Comment by Maronel Steyn on October 30, 2013 at 4:23pm

Dankie vir hierdie wyse raad wat jy met ons deel Issi.  Ek waardeer dit en wou dit nog altyd doen.

Comment by ISSI POTGIETER on October 12, 2013 at 7:42pm

Plesier Elizma...

Christa as die mans saans om die vuur staan... gryp ek my kamera en speel met die verskillende nagfotos... ek wil nog 'n mooi strer sirkel neem....

Comment by Christa Snyman on October 12, 2013 at 5:33pm

Dankie dat jy jou inligting met ons deel, Issie. Dis baie beslis op my graag-wil-doen lysie en jy het nou net die regte motivering gegee om dit in die nabye toekoms te gaan probeer.

Comment by Elizma Fourie on October 6, 2013 at 8:05am

Op my bucket list, nou weet ek ten minste waar om die melkweg te soek, dankie daarvoor

Comment by ISSI POTGIETER on October 1, 2013 at 4:32pm

Pierre... ek hoop jy kom reg en dat die jou fotos geat sal uitkom!

Comment by Pierre Hardinge on October 1, 2013 at 7:49am

Awesome dankie Issi dit is wonderlik en ek brand om dit te gaan doen....en baie dankie hiervoor

Comment by ISSI POTGIETER on October 1, 2013 at 7:44am

Anita... as jy eers begin is daar so 'n klomp goed wat jy by kan die! ons het in die Sederberge 'n boom belig deur van 2 flitse plus 'n remote flash te gebruik! dan moet die hele familie help... lekker speel....

Comment by Anita du Toit on September 30, 2013 at 9:52pm

Dankie Issi, ek gaan dit probeer, maar die kans is skraal dat ek jou resultate gaan kry, eerstens moet daar nie lig rondom jou wees nie, ek sien jy was in Namakwaland.. lig loos :-) en dan moet jy doen wat jou kamera jou toelaat. Jy maak my nou skoon opgewonde oor die soort foto's, dankie daarvoor.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html