Na die afgelope naweek se Beginnerskursus het ek gedink om so 'n paar "Kom ons speel met..." blogs te skryf. In die eerste blog maak ek voorstelle oor sluiterspoed en water, maar ek sal graag wil sien dat julle ander voorstelle ook kom deel. Om die blog bietjie anders te maak gaan ek sommer die prentjies hier plaas. Laat gerus julle gedagtes ook gaan!

 

Views: 324

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Charles Whitehead on March 4, 2011 at 10:26am
Igno

Graag wil ek net by jou aansluit oor die stadige sluiterspoed.

Dirt is 'n interressante onderwerp en een waarmee mens lekker kan speel. Iets waarna mens ook moet kyk is om jou ISO so laag as moontlik te verstel om die sluiterspoed so stadig moontlik te kry. kyk gerus na een van Robbie se nuwe aandfotos om die ook te illustreer.

Sommige van die Canon modelle het 'n setting in sy menu om sy ISO strek te verstel buiten die normale, en daarmee kan jy selfs so laag gaan as 50. Let net op indien Canon se "Highlight Tone Priority" gebruik word, die ISO vas is op 200 - skakel dit net af.

Stel ook jou Aperture op die kamera so klein as moontlik. Die Aperture is 'n funksie van die lens, dus gaan verskillende lense se kleinste aperture verskil, Eksperimenteer gerus hiermee. Vir die wat nie vertroud is hiermee nie - 'n groter getal beteken 'n klein aperture (of opening waar die lig deurgelaat word)

'n Aperture van F22 beteken 'n klein opening en F2.8 beteken 'n groot opening. Die rede hoekom dit so vreemd klink is omrede die Aperture 'n verhouding is van die fokale lengte van die lens en die lensopening (aperture) grootte. Ter inligting het 'n 100mm lens wat op F4 gestel word 'n opening van 25mm. Dieselfde lens het met F2.8 'n opening van 35.71mm.


Soos jy noem is die helder son net te sterk vir 'n stadige sluiterspoed, selfs met 'n lae ISO en slegs 'n ND filter kan hier help. Sommige van die ND filters lyk vir jou oog donker genoeg, koop een wat nog baie donkerder lyk (die son se lig is geweldig sterk). Die filters se donkerheid word gegradeer as 2, 4, 8 ens wat beteken die hoeveelheid stoppe wat die lig verdonker word. Selfs 'n 8 is nie altyd donker genoeg nie. B&H het nou ook verstelbare ND filters wat mens net draai om die donkerheid te verstel :
http://link.bhphotovideo.com/r/ANBIM2/26UD6/XBJX6O/JHIU2/1VQ1T/YG/h...

Lekker speel !

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html