Kommentaar en Wenners van ons Lugkastele in Lekkergoedland

Hallo Almal,

Kom ons loer na die "Lugkastele in Lekkergoedland" foto's om die wenner te bepaal. By elke foto is kommentaar.

Hier is Des se weergawe, kompleet met besemvlieers!

Kommentaar: Des, dis 'n pragtige kreatiewe poging! Die enigste nadeel is dat daar bietjie afronding kort met die Photoshop-werk. Kyk bv na die kasteel links bo, die kranse is net nog te "skerp" uitgeknip en lyk nie of hulle deel van die res van die foto uitmaak nie.

En dan Sylvia se sjokolade-foto:

Kommentaar: Sylvia, die prentjie is pragtig maar die agtergrond laat jou bietjie in die steek. Veral die muur regs agter werk nie lekker saam met 'n branderplankryer nie...dalk kon Photoshop help...

En hier is Charles se Lekkergoedland...

Kommentaar: Baie inteerssante verwerking maar albie die kastele kort bietjie diepte - veral die voordeur van die voorste kasteel het mannetjies wat nie regtig op iets staan nie. Hulle sou dalk meer ge-anker kon wees as hulle skaduwees gehad het?

 

En Antoinette se kasteel:

Kommentaar: Goeie poging, maar die agtergrond is baie besig en ons sou dalk meer van 'n storie wou sien.

En kyk dan so lekker maankasteel van Zander:

Kommentaar: Zander, die beligting werk goed, maar die kasteel kort ook effe diepte. Dis net te "plat" op die suigstokkie

En Riana se spookasemkastele:

Kommentaar: Baie goed gesien, ons sou dalk net meer van die spel tussen lig en skadu wou sien. Dit is asof die lig net nie val waar dit moet nie....

Martha se lekker-lekkergoed kasteelhouers:

Lekker kleurvol maar ons sou graag meer van die tema wou sien.

 

 

En Marietjie se steelfoto's tydens die skou:

Kommentaar: Oulik, maar loer gerus na jou sagte uitknipwerk van die dogtertjie, die kleure voor van haar prentjies bots bietjie met die agtergrond.

En hier is Susan se foto:

TEMA-Lugkasteel in Lekkergoedland

Kommentaar: Ongelukkig 'n laat inskrywing, maar ook heerlik kreatief en die kleure werk saam met die weerkaatsings om die prentjie heerlik vrolik te maak.

 

 

Hierdie was 'n baie lekker tema, en die foto's is baie kreatief. Die Photoshop-werk is oulik, maar dikwels vergeet die fotograwe van skaduwees en dimensie. Die uitgeknipte deeltjies is dan plat en mens kan duidelik sien dit is ge-photoshop. Na baie kopkrap is Zander as die wenner aangewys. Zander stuur gerus jou adres aan igno@intekom.co.za sodat jy die Photoshop opleidingsDVD's kan ontvang.

Views: 648

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Sylvia du Toit on May 26, 2012 at 9:10pm

Zander, 

Baie geluk!

Comment by Anita du Toit on May 26, 2012 at 6:58pm

Geluk Zander

Comment by Charles Whitehead on May 26, 2012 at 6:16pm

Geluk Zander

Comment by Mariska Cilliers on May 26, 2012 at 4:32pm

Baie geluk Zander!!

Comment by Zander Erasmus on May 26, 2012 at 2:43pm

Baie dankie. :D

Comment by Annemari Coetser on May 26, 2012 at 2:24pm

Baie geluk, Zander! Ek dink die eenvoud van jou ontwerp is baie treffend. Kanp gedaan. Wanneer jy binnekort al daardie opleiding agter die blad het, sal ons almal moet ligloop. :)

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html