Heng ek was skepties om 'n inkommer te wees, soos die klein plattelandse klieks sê, toe Rudolph my vra hoekom ek nie aansluit by Fotoskool nie. Ek't so 'n jaar terug dieselfde uitnodiging gekry na 'n klub hier in die Weskaap ook deur 'n dierbare vriend van my. Omdat ek die nare sonde het om soms nie katvoet genoeg met my woorde, vrae uit onkunde en kommentaar om te gaan het ek my vasgeloop in baie ongevraagde, lelike kritiek wat my regtig 'n aap laat voel het en het ek nie vrymoedigheid gehad om weer iets te seg nie. Ek moet erken ek is tot nou toe aangenaam verras deur kommentare en raad van lede wat iets op my kieks te sê gehad het. Julle laat my ook uit 'n ander "angle" kyk na my kosbare oomblikke in ons pragtige skepping. Al sou ek nie noodwendig torring aan elke foto soos geplaas nie verwelkom ek regtig elke mening, tnx weer julle

Views: 88

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Riaan on August 27, 2013 at 11:06pm

Net voor ek gaan slaap wil ek graag elkeen wat so gereeld opbouende comm, raad, advies en al die groot woorde laat oor my regtig egtige beskeie beginners pics, opreg bedank vir julle eerlike seg. Ekt nie altyd tyd om vir elkeen persoonlik dankie te sê maar ek sou graag wou. Hoop daar sal iewers vorentoe 'n geleentheid wees om elkeen persoonlik te ontmoet wat so gereeld comm. want 'n profielfoto sê maar ook nie altyd alles nie. Tnx Igno vir jou inisiatief met hierdie webblad.

Comment by Tina le Grange on August 22, 2013 at 2:33pm

Riaan hier by Fotoskool voel dit vir my of ons een groot familie is;  ons leer bymekaar en kan, met kamera in die hand, met meer vrymoedigheid begin kliek.  Ekself is dankbaar vir elke wenk en wil sommer weer van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê vir Igno wat hierdie leersame webblad tot ons beskikking stel en ook vir Hennie Cronjé by wie ek al so baie geleer het.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html