Graag wil ek die volgende met my mede Fotoskolers deel.

 

Ek verwys hier ook na 'n Forum inskrywing deur Igno waar hy vra Hoe kan Fotoskool meer waarde toevoeg ?

 

Die meeste fotograwe op Fotoskool is onervare en wil baie graag meer leer oor fotografie. Een van die vrae wat beginner fotograwe het is hoe hulle fotos lyk vir ander meer ervare fotograwe. Graag wil hulle kommentaar verkry oor die fotos wat hulle op Fotoskool plaas.

 

Nou ek verstaan goed dat dit bitter moeilik is vir Igno of Hennie om kommentaar te lewer op alle fotos wat op Fotoskool verskyn. Ek sien ook dat die beginner fotograwe onder mekaar kommentaar lewer en in die proses leer hulle dalk nie genoeg nie.

 

Die Temafotos is baie gewild en word deur die meeste gevolg en gekyk en dit is hier waar my voorstel inkom.

 

Nadat die Temawenners aangekondig is, kan Igno of Hennie terugkeer na die Tema-inskrywings en op elkeen van die fotos kommentaar lewer wat betref die tema, komposisie, kleur, "crop", fokus ens. Hierdeur kan almal sien wat reg of verkeerd is in die fotos en deur die proses leer.

 

Graag sal ek wil hoor wat is al die Fotoskolers se gevoel hieroor .......

Views: 105

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Charles Whitehead on June 3, 2011 at 8:09pm

Francien

Ek is nie seker watter kamera jy van praat nie, maar dit is beter om liewer by onafhanklike webwerwe te kyk. Die vervaardigers gee 'n baie bevooroordeelde opinie en lig nie probleme met die kameras uit nie

Daar is verskeie webwerwe wat reviews op kameras doen. Die bekenste is seker DP Review. Sy skakel is www.dpreview.com

Ander skakels is : http://www.robgalbraith.com/bins/index.asp

en : http://www.steves-digicams.com/

Comment by Dana Pienaar on June 2, 2011 at 11:08am
Josef jy is heeltemal reg met kommentaar op sogenaamde "swakker" fotos. Dis tog daar waar jy jou foute uitgelig wil hê om dan daarop te kan verbeter. Dit help my persoonlik regtig baie as ek deur die meer ervare mense raad gegee word. Dankie vir die goei insig.
Comment by Josef Steyn on June 1, 2011 at 4:15pm

Charles en Dana, ek stem saam met julle. My stuiwer in die armbeurs is dat ek soms meer leer uit die bespreking van 'n swakker foto as uit die bespreking van 'n goeie foto. So af en toe is dit ook nodig dat gewys moet word hoekom 'n foto nie die mas opkom nie. Ek sal bv glad nie omgee as een van my fotos uitmekaargetrek word nie. Ek is selfs bereid om fotos vir spesifek hierdie doel aan te bied. As ek 'n foto inskryf wat as goeie onderwerp ir 'n les gebruik an word, gee ek vrypas aan die paneel om dit te kritiseer.

Na my mening is daar een ding waarvoor Fotoskolers versigtig moet wees en dit is om fotos met opsigtelike gebreke oordadig hoog aan te slaan. Dit help niemand nie. Gelukkig sien ek dat Hennie en Igno-hulle nie skuldig hieraan is nie.

Dit mag ook nuttig wees om af en toe, as die geleentheid hom voordoen, 'n paar fotos van dieselfde onderwerp te ontleed tov bv komposisie, kleurversadiging, beligting, fokus en.

Voorbeeld: 'N landskap wat met hierdie spesifieke doel voor oe afgeneem is. Ek besef dat dit baie werk sal wees, maar die soort van les hoef nie te dikwels gedoen te word nie.

 

Comment by Dana Pienaar on June 1, 2011 at 11:48am

Ek stem 100% met jou saam Charles. Ek dink egter ook dat wanneer 'n "buitengewone" foto deur 'n fotoskoler geplaas word wat nie deel uitmaak van die tema-inskrywing nie, daar nog steeds deur mense soos Igno, Prof Hennie, Robbie, Nico Baird en jouself kommentaar en advies gelewer word, en dit nie beperk word slegs tot die tema-fotos nie.

 

Comment by Juanet on June 1, 2011 at 11:40am

baie goeie idee. ek's redelik nuut met fotografie en twyfel baie in my vermoe daarom sal ek enige kommentaar waardeer.

 

Op die oomblik het ek 2 foto's op wat ek graag kommentaar op wil he - so enige iemand asb gaan loer na my 2 laaste foto's.

Comment by Gerhard Beukes on June 1, 2011 at 6:15am

Charles jy het my stem , baie goeie idee. ek het in die paar maande hier al soveel geleer, van elkeen wat kommentaar lewe. ek begin self goed "se" , dankie aan almal wat "kritiek" lewer en eerlik is.

Comment by Selma on June 1, 2011 at 6:03am
Ek stem saam Charles.  Ek is regtig 'n "oningeligte" amateur fotograaf en bly nie naby stede om al die kursusse by te woon nie.  Ek hou van die kommentaar al verstaan ek nie altyd nie! :-)  Ek sien dit nie as negatief nie maar slegs as a leerskool.
Comment by Susan on May 31, 2011 at 9:45pm
Ek dink dit is 'n goeie idee. Soos jy se, die meeste mense wil leer en al hoe jy kan leer en verbeter is deur die kommentaar wat jy kry. Lede van fotoskool moet dit dan net as positief sien en nie as negatief nie.
Comment by Rudi Kleynhans on May 31, 2011 at 9:13pm
Charles, ek hou van jou voorstel.  In die maand wat ek nou al lid van Fotoskool is het ek baie kennis oor fotografie opgedoen, veral deur die kommentaar van die meer ervare fotograwe.  Ek kom agter dat ek nou ook anders na my eie foto's kyk en die sterkpunte, sowel as die foute daarop raaksien.  Dankie vir al die moeite en insette van die leermeesters!
Comment by Anet Potgieter on May 31, 2011 at 9:12pm
Charles ek dink jy het n puik idee.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html