Watter van hierdie 2 foto's sal julle as die beste beskou? Albei is in Soweto geneem en wil 1 instuur vir die Scott Kelby Photowalk 2011 kompetisie.

 

 1

 

 

2

Views: 228

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Danelle Groenewald on October 17, 2011 at 7:13am
Pragtige foto en baie geluk!!
Comment by Schalk Bezuidenhout on October 15, 2011 at 4:07pm
Baie dankie! Ek waardeer dit.
Comment by Rudi Kleynhans on October 15, 2011 at 2:49pm
Baie geluk, Schalk - dis 'n waardige wenfoto en ek is saam met jou opgewonde daaroor!
Comment by Martie Venter on October 15, 2011 at 2:21pm
Baie geluk, Schalk - dit is 'n pragtige foto!
Comment by Schalk Bezuidenhout on October 15, 2011 at 2:06pm
Dankie aan almal vir julle insette... Hier was my finale foto...
en dit was toe die wenfoto!
Comment by carin joubert on October 10, 2011 at 9:57pm

Ek hou van die seuntjie foto.

 

Comment by Rudi Kleynhans on October 5, 2011 at 4:40pm
En nou hou ons duim vas vir jou! :-)
Comment by Schalk Bezuidenhout on October 5, 2011 at 4:17pm

Ek het foto nr. 2 so bietjie gecrop (bietjie, omdat ek dit haat om 'n foto the crop), die kleure nog meer uitgebring en die lamppale verwyder. Ek gaan dus met foto nr. 2 as my finale opsie.

Dankie vir almal se insette.

Comment by Schalk Bezuidenhout on October 5, 2011 at 4:00pm
Dankie Charles.
Comment by Charles Whitehead on October 5, 2011 at 12:48pm

Schalk

Die kyker gaan nie altyd weet waar jy vandaan kom met 'n foto nie. Dis nou 'n ander geval as jy die foto in 'n artikel of dergeliks plaas, dan kan die emosie verduidelik word. Afgesien van die effense tight crop waarvan Rudi praat is die foto effens oorbelig, maar dit kan maklik reggestel word.

 

Wat my die meeste pla is dat daar nie oogkontak met die kyker is nie. Indien dit die geval was, sou die foto baie sterker gestaan het. Dink aan hartseer in die oë, dalk 'n traan ens.

 

Onthou ook net in die vervolg om so foto liewers met meer van die omgewing in te neem. Neem dalk ook 'n hele paar van so gesiggie. Van die ander fotos kon dalk oogkontak ingehad het. Ten minste het jy dan opsies oor hoe jy dit wil crop.

 

Ook kon die foto (nommer 1) dalk goed gewerk het met swart en wit, veral as jy die swart bietjie meer beklemtoon. Dit gaan dan effens 'n somber atmosfeer skep wat dalk jou gevoel weerspieël met die foto.

 

Ek het so twee weergawes van die foto gedoen sodat jy net die gevoel van swart en wit kry :

 

 

Groete

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html