Hallo almal

 

Ek is in die proses om vir my nog 'n kamera aan te skaf.  Ek skiet tans met die Canon 450D, is al so 3 jaar oud.  Ek het meer foto's begin neem die laaste ruk en gaan besiger word. 

 

Ek is opsoek na hulp en raad.  Ek het al gekyk na die Canon 600D en 650D, die 60D en 7D.  Wil graag weet watter een die beste opsie sal wees.  Wat ek in my kop ook het is dat mens dalk iets soos die 600D koop en indien mens weer moet opgradeer of nog n kamera koop dan is dit nie te veel nie.  Waar as die 7D of 6D bv. bietjie meer is.

 

Ek doen studio werk, funksies en so bietjie sport foto's ook.  Ek wil ook raad en aanbevelings hê oor lense asseblief.

 

As daar mense is wat my kan help, ek sal dit baie waardeer dankie.

 

Foto groete

Views: 185

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Charles Whitehead on March 27, 2013 at 7:50pm
Petro - ek vertrou jy kon waarde kry uit my antwoord
Comment by Petro Geldenhuys on March 27, 2013 at 4:49pm

Ek het dieselfde raad nodig

Comment by Charles Whitehead on March 27, 2013 at 10:28am

So paar gedagtes oor lense ..

Lense is by verre die belangrikste komponent van jou fotografie en nie die kamera "body" nie. Op 'n stadium gradeer jy jou kamera dalk op en gebruik nog steeds die kwalitiet lense. Spandeer eerder meer op lense indien jy kan en bly weg van die sogenaamde "kit" lense of goedkoop weergawes. Met canon moet jy probeer om by die L lense te bly. Hulle kos meer ja - maar dit is die moeite werd. Dit is die professionele graad lense van Canon.

Sport lense verskil heeltemal van studio lense (prysgewys ook) Dan is daar die algemene lense ook wat so bietjie van alles doen

Vir studiowerk sal ek hard kyk na die 24-70 L f2.8. Dit is 'n baie veelsydige lens, maar hy het nie 'n stabilizer in nie. Met studio is dit nie so probleem nie. Jy kan ook hier kyk na die vaste fokus (prime) lens 85mm f1.8. Hy is nie so duur nie en sy kwaliteit is puik

'n Goeie algemene zoomlens is die 24-105 L IS f4. Hy is 'n stop stadiger as die 24-70 wat betref lig, maar hy het 'n 3-stop stabilizer in wat hom bitter veelsydig maak. Dit is by verre my gunsteling ronddralens en hy werk lekker in die studio ook ! Vir 'n crop sensor kamera soos die 7D kan jy ook kyk na die 17-85 IS f3.5-5.6. Dit is nie 'n L lens nie maar hy is ook baie veelsydig en hoë kwaliteit.

Vir sport en aksie sal ek kyk na die 100-400 L IS f4-5.6. Dit is 'n ouer generasie lens en hy is nou baie bekostigbaar. Hy het 'n push-pull zoom wat vreemd voel in die begin en is ook nie te swaar nie. 'n Beter kwaliteit lens is die 70-300 L IS F4-5.6. Sy reik is bietjie korter, maar dit is 'n onlangse lens met vinnige fokus en beter kwaliteit.

Sommige gebruik die 70-200 IS f2.8 ook vir die nader sport soorte soos netbal ens. Ook 'n puik lens met hoë kwaliteit

Jy kan natuurlik ook kyk na lense (Prime) soos die 500mm f4 of 600mm f4. R89 000 en R114 000 onderskeidelik :-)

Sterkte met jou keuses

Comment by Charles Whitehead on March 27, 2013 at 9:54am

Shaun

As ek na jou belangstellings kyk sal ek dadelik die 7D aanbeveel, hoofsaaklik oor die sport gedeelte. Die ander kameras is te stadig om suksesvol sport af te neem, veral die burst.

Die 6D gaan jou die beste kwaliteit fotos gee en die volraam sensor gaan uitstekend werk met 'n lekker vlak diepte van veld. Dit is defnitief die kamera vir studiowerk. Hy is nou weer te stadig vir sport.

Ek weet nie wat jou begroting is nie, maar dit is goedkoper om dalk een ordentlike kamera te koop en die ekstra geld op lense te spandeer.

Vra gerus indien jy meer inligting verlang

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html