-Hallo Almal!

Nou ja, hierdie was seker die moeilikste tema nog om te beoordeel. So kom ons loer na die foto's wat die tema die lekkerste aangespreek het. Eerstens was dit vrek moeilik om finaliste te kies, en dit was werklik 'n soektog na die beste interpretasie van die tema - want die foto's was almal uitnemend. Die standaard van fotografie is ongelooflik!

Die finaliste is soos volg:

Rudolph se foto het so iets van die maanlanding in...

Dan was daar ook Emsie se foto wat mens aan die tema laat dink het - om die wereld in 'n korreltjie sand te sien:

Of hierdie foto van Surina wat iets heel anders was:

Hierdie een van Jacques het ook sommer 'n klompie korreltjies sand:

Dan was daar Francois se foto wat nogmaals iets heel anders was:

Lientjie se foto was ook net so treffend:

Uiteindelik was dit egter na baie wroeging en bespreking hierdie foto van Gerhard met die aanhaling van die gedig en toepaslike onderwerp wat hierdie rondte gewen het!

Baie geluk Gerhard! Jy is dan ook een van die temawenners wat in die laaste kwartaal aan die fotoskool fotograaf van die jaar uitdunrondte gaan deelneem!

 

Views: 160

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerhard Beukes on April 19, 2011 at 1:41pm

Hi Frans, ek het nogal baie gespeel met die samestelling van die foto. het versillinde goed probeer, as jy kyk na die gidig praat hulle ook van blomme die aande , die heelal en tyd.

Met die foto wou ek die tyd, lewe en die verganklikheid daarvan weerspieel. dit was baie lekker speel die. dankie Gerhard

Comment by Frans van Heerden on April 16, 2011 at 2:49pm
geluk Gerhard. Ek het nogal gewonder oor jou komposisie pas nadat dit verskyn het. Ek het gewonder as n mens, ipv die gesig vd muurhorlosie, dalk n gewone aarbol(soos die een wat altyd in ons Ardrykskunde klaskamer gestaan het) hoe so n komposie daarna sou uitsien. Ek hiu van die komposisie en die sand wat val skep n anderse  indruk.
Comment by Gerhard Beukes on April 16, 2011 at 10:39am
Thanks Martie , dit is jou blog oor die ligtent wat my tot hier gebring het. Dankie vir jou
Comment by Martie Venter on April 15, 2011 at 9:23pm
Baie geluk, Gerhard - 'n welverdiende eer!
Comment by Rudolph Müller on April 15, 2011 at 10:58am
Veels geluk Gerhard!!  En dankie Igno en paneel.  Ek was regtig verbaas dat ek ingekom het.
Comment by Jan de Beer on April 14, 2011 at 10:20pm
Baie geluk Gerhard baie kreatief.
Comment by Gerhard Beukes on April 14, 2011 at 10:08pm
Dankie Igno en die Paneel. moet erken dit was my eerste poging in 'n ligkas gewees.
Comment by Robbie on April 14, 2011 at 10:05pm
Geluk Gerhard... Baie gooie interpretasie van die tema..

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html