Is dit nie wonderlik dat ons in 'n tyd leef waar ons meer as ooit tevore die geleentheid het om ons kreatiwiteit uit te leef nie? Ek loer gereeld na die foto's hier op fotoskool en besef dan watter ongelooflike voorreg ons het. Ek kom uit die dae van film (waar elke foto 'n paar rand gekos het), en mens nie kon "apieloer" op die kamera se skermpie om te sien hoe die foto lyk nie...Om nie te praat van selfone wat kameras geword het nie! (Genade waar is die tyd toe die foon in die huis was en pa geraas het as mens te lank praat - want dan was die foon beset! - Geen stempos, e-pos of twittertwiets nie! (Wat praat jy van internet? Ek tik hierdie in 'n ontbytrestaurant in Ventersburg oppad terug vanaf Johannesburg!)

Nou leef ons in 'n era waar die neem van foto's kosteloos is (behalwe vir jou kameratoerusting), die terugvoer onmiddellik, maar meer nog - die netwerk van ander fotograwe van wie ons kan leer is grensloos!

So nou en dan oorweldig die grootte van die internet se moontlikhede mens, maar dan besef ek ook, dat ek so versigtig moet wees om nie te verdrink in die oormag van data nie.

Sien, in my pa-hulle se tyd was die foto's min, maar ons het gereeld as gesin daarna gekyk. Daardie skyfie-kyk aande waar die skyfies soms gehaak het indie magasyn, die projektor vrolik ge-krrr het, en ons saam gesels het oor oomblikke lank gelede.

Deesdae vergeet ons soms dat fotografie oor herineringe gaan, en nie altyd oor data, rugsteun en Photoshop nie.

Moet nooit vergeet om tyd te maak om jou fotografie te geniet nie...

Views: 113

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Riaan Kleinhans on October 13, 2010 at 8:50am
Ek dink nou ook terug aan die skyfiekyk aande toe ek 'n kind was. Ek het my screensaver op my rekenaar by die huis gestel om my fotos te vertoon. Soms loop ek daar verby, dan vang 'n ou foto my oog en voor ek my kan kry sit en kyk ek vir 30 min of meer na fotos waarvan ek al vergeet het. Dieselfde gebeur met die res van my gesin. Ons neem tog fotos met die doel om daarna te kyk, om ons terug te neem na 'n oomblik in die verlede.
Comment by Jacques van Delft on October 12, 2010 at 6:15pm
Hi Igno, twee dinge wat by my opkom as ek jou storie lees: ek besef nou eers hou goed 'n fotograaf moes gewees het in die tyd toe dit net film was. Koste en tyd het gemaak dat so 'n persoon twee keer gedink het voor hy 'n foto geneem het. In my opinie was dit beter fotograwe as wat ons is in die moderne tyd van digital is : vinnig kyk en "delete" of bewaar. Iets wat ek meer en meer begin besef in die kort tyd dat ek met fotografie besig is, is dat jy meer en dieper begin kyk na dinge om jou. Jy besef meer en meer hou die natuur sy ware identiteit vir jou terug gee. Alles die moeite om fotografie te waardeer en om vir dankbaar te wees.
Comment by Nico Blignaut on October 12, 2010 at 1:32pm
Gee sommer weer nuwe inspirasie.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html