Hi almal, ek is nou nie so lank al by fotoskool nie, maar wil graag 'n stuiwer in die armbeurs gooi - ek wil baie graag meer"kritiese kritiek" op fotos wou sien. 'n Mooi foto is 'n mooi foto ,maar dis nie te sê dis 'n great foto nie. Ek sou graag wou hê dat almal meer uitdagend na my foto's sou kyk - sny hier af, maak dit donkerder, nee wat, dis sommer 'n simpel foto. Mens raak mos maar subjektief as jy skeppend is en weet later nie meer wat reg of verkeerd is

Dis soos Jimmy Jim James sê, mens raak sommer aggressief as mense jou eie "nice deurdenkte" foto kritiseer, maar na 'n wyle van nabetragting dan besef jy dat daar 'n ander kant van die saak is.... 

Hoe nou? 

Gaan julle almal aanhou om "vriendelik" met mekaar te wees, of gaan ons hierdie forum rêrig gebruik om mekaar op 'n positiewe manier op te bou.

Vir my is daar foto's wat regtig nie besonder goed is nie - wat doen mens - sê jy dis "mooi", net om nie die fotograaf se gevoelens seer te maak nie, of sê jy ag nee wat, probeer weer...

As dit kwansuins 'n "leerskool" is, dan sal ek persoonlik  nie sleg voel (wel, nie vir te lank nie....) as iemand my foto uitmekaar sou trek nie.

Hoekom kan ons dit nie probeer nie?

Groete, Martha

Views: 417

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Stephen Fouche on June 20, 2012 at 10:12pm
Ek hou self van kritiek en raad van Hennie af,want hy weet waarvan hy praat,en sal altyd die regte advies gee. Ek is nie iemand wat daarvan hou om ander se fotos te "judge" nie,want ek voel net dat ek self maar nog 'n leerder is,en self baie foute maak. Ek leer elke dag nuwe dinge by,en dis wat fotografie so lekker maak. Groete hier uit 'n koue Mosselbaai ;-)
Comment by Gerrie Lambrechts on June 20, 2012 at 8:18pm

Dankie Liz, nou klim ek sommer weer terug in die bus.

Comment by Liz on June 20, 2012 at 7:57pm

Gerrie ek dink geensins jy moet ophou kommentaar (growing crit) lewer waar dit vir jou voel dit is van toepassing nie. Onthou altyd dat, soos Mariska tereg se, ons sien dinge almal anders ... dit is wat ons as mense uniek maak. Hennie en Igno lewer waardevolle insette maar ek voel geensins "verkeerd" as ek anders dink of sien nie, in teendeel dit maak net my oe wyer oop. Dit is hoe mens op ander aspekte ook groei en verbeter... net maar my ou humble opinion....

Comment by Mariska Cilliers on June 20, 2012 at 5:59pm
Ek stem volkome saam! Hierdie is 'n leerskool. Igno het dit met juis daardie doel geskep. Deur kommentaar te lewer op mekaar se foto's, leer ons om deur iemand anders se oë na ons werk te kyk, en iets nuuts raak te sien. Hennie se gereelde kommentaar is van onskatbare waarde, en daarsonder sou ek nie op een aspek van my fotografie kon verbeter nie. Ek waardeer elkeen wat raad gee en voorstelle maak, daarsonder is dit totaal doelloos om dan enigsins foto's hier te plaas.
Comment by Gerrie Lambrechts on June 20, 2012 at 5:32pm

Dankie Anita ek druk die pluimpie vas, in my hart nie voor my kop nie.

Comment by Anita du Toit on June 20, 2012 at 5:09pm

Almal wat so baie waar kommentare gelewer het op Martha se Kritiek op kritiek.Ek het ook al kritiek gegee waar ek "dink" die foto sal beter daarmee, dan kom Hennie en hy vee daardie raad van die tafel af o wee, daar krimp ek alweer ineen want hoe kon ek nou sooooo verkeerd wees Hehehehe. Gerrie is 'n sprekende voorbeeld van iemand wat hier kom leer het en ingeneem het en die raad toepas. Hierdie is 'n wonderlike blog en Igno en Hennie moet al die eer kry. Laat ons dit nie verlaag met ons ego's wat in die pad kom nie.

Comment by Gerrie Lambrechts on June 20, 2012 at 4:54pm

Liz ek stem so saam met jou en Martha, maar ag ek is al uitgevang dat ek iets sê dan val my kommentaar uit die bus, sal nog baie leer, so ek sê maar eers mooi, want almal doen moeite om fotos te neem en wil tog maar iets hoor, mooi of doen beter. Dankie vir julle almal.

Comment by Liz on June 20, 2012 at 4:45pm

Martha you got my vote on this. One cannot learn or grow in a positive way if all you hear or read is "mooi" etc. That really bores me to death. One thing we all must remember once you load a photo where ever, you are open for crit. If one cannot handle the crit well the saying goes " kitchen too hot get out of it". I am all for crit in a positive way to really help others grow and also one self. This is a "skool" so lets all remember that and be the learners.... (smile)!!

Comment by Gerrie Lambrechts on June 17, 2012 at 4:22pm

Martha, ek is seker ons almal waardeer kritiek op ons fotos, kom ons stel dit sagter, reg help met ons fotos, dit is waarvoor ons dit instuur. Baie keer was my dink ook maar verkeerd dan luister ek na die wat beter weet. As ons gaan liggeraak raak dan moet ons maar op ander plek gaan raad soek. Sover ek kon agter kom het niemand nog so reageer op ’n foto dat jy liewer voel om jou foto af te haal nie. Ek is dankbaar vir fotoskool, en vir al die vriende wat ek ontmoet het, lekker kiek. 

Comment by Tillie Beaton on April 5, 2012 at 7:16am

Dis waar wat Michael sê - mens moet kyk van wie die kritiek af kom en wie die kritiek kan vat.  Ek kyk baie maal na kritiek op ander se foto's en party maak sin en party nie maar jy moet self besluit gaan jy die kritiek ter harte neem of nie, maar dit is juis uit kritiek wat jyself meer krities na jou foto's kyk en leer.  En sodra 'n mens meer krities en objektief na jou eie foto's begin kyk, leer 'n mens.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html