Die afgelope twee dae was daar 'n heerlike debat op fotoskool. Ek deel graag my antwoord op 'n paar van  die vrae. Daarmee gee ek nie te kenne dat ek reg is nie. In hierdie debat is almal reg, want elkeen is geregtig op 'n opinie. Dis immers die grenslose wereld van kuns... of is dit?

Ek gaan so 'n paar punte noem waaraan ek vinnig dink, maar verskil gerus!! Dis jou goeie reg, en as jy van my verskil is ek bereid om van jou te leer! Dis mos 'n teken van leer - wanneer jy van standpunt verander....

Hier gaan ons...

1) Die oomblik dat jy 'n digitale foto neem as 'n JPG word daar reeds manipuleer. Die sagteware in jou kamera maak die foto skerper en verstel die kleur en kontras. (So, ons almal manipuleer reeds...)

2) Die enigste werklik ongeredigeerde foto is 'n RAW foto - die van julle wat al 'n RAW foto sonder verstellings gesien het, sal weet dat die foto vaal en modderrig vertoon - so dis ook nie 'n opsie nie. Onthou ook dit is wat jou kamera sien, en nie jy nie - so - wat is die realiteit? Jou interpretasie of die lens? Of die sagteware in die kamera?

3) Nou, hoeveel van die RAW mag ek verstel? Net soveel soos die JPG, is enige verdere kleur dalk on-eg, en net die JPG eg?

4) Ek is mal oor goeie foto's waar die manipulasie met die lig en nie met sagteware geskied nie. Onthou fotografie beteken om "te verf met lig" - mense soos Charles Whitehead is meesterlik daarmee. Kyk gerus na sy foto's as bewyse van iemand wat sonder sagtewaremanipulasie fantastiese lig waarneem en skep.

5) Die beste Photoshop gebruikers se Photoshop-gebruik is onsigbaar. Dit gaan gewoonlik oor Levels/Curves en Sharpening. Alles dinge wat ook in die kamera verander kan word, maar nie gedoen word nie.

6)Ernstige manipulasie is digitale kuns, en sodra dit voorgee om fotografie te wees vang die baster-geaardheid die kyker - maar as dit duidelik digitale kuns is, dan is dit die fotograaf se reg om te maak soos sy wil! Kuns is kuns - sonder grense!

7)Wanneer jy jou white balance verander lieg jy dalk oor die kleur van die lig... waarom kan ek nie in Photoshop die "tone" verander nie?

8) Ekself geniet natuurlike fotografie. Ek verpes die tyd wat editing/manipulasie neem, maar ek moet erken dat goed soos REDUCE NOISE al my lewe gered het met laatnag troufoto's.

9) Photoshop/Gimp en ander programme is daar om te help. 'n Tandarts wat nog met ou toerusting werk (soos 'n fotograaf met film/skyfies ens) is dalk 'n goeie ou tandarts, maar ek verkies die pynlose aard van 'n tandarts wat nuwe tegnologie ken...

10) Baie min foto's op fotoskool is digitaal "manipuleer." Sommige is wel digitaal "reggestel" - fyn verskil, maar regstelling is soms redding sowel as die verskil tussen goed en fantasties...

11) Alle digitale foto's is sag (nie skerp nie) as gevolg van die aard van digitale kamerasensors - dus, as jy nie jou foto's (op die regte manier en nie oordrewe nie) sharpen nie, dan is dit meer gemanipuleer as die wat ge-sharpen is...

12) Ek is mal oor natuurlike fotografie, ek is mal oor Photoshop en oor Ligthroom - ek is mal daaroor om 'n visie te laat realiseer... elkeen van ons het ons eie visie, ek dink ons moet oop wees om mekaar se prentjies te geniet...

13) Die enigste plek waar mens nooit moet manipuleer (behalwe crop, levels, sharpen - want dit is nie manipulasie nie) is wanneer jou foto voorgee/veronderstel om realisties te wees (bv nuusfoto's ens), want dan bedrieg jy die kyker. Vir jou gewone kunsuitdrukkings foto's gaan mal. Daar was realistiese kunstenaars, romantiese kunstenaars, moderne kunstenaars, almal se interpretasie het verskil, maar ons het geweet dis kuns. Smaak verskil! Gaan mal, speel rond met jou foto's, karring met die sagteware - maak net seker jy geniet elke oomblik!

Gesels gerus saam... verskil as julle wil - ek is oop vir oortuiging!

Moet net nie se dat ek nie my fotografie mag geniet nie :0)

Views: 332

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by giel groenewald on June 29, 2011 at 5:15pm
Ek het so gesikkel oor die jare om my fotos in die donkerkamer reg te dogter dat ek nogsteed skuldig voel oor verwerking, maar dit is n anderse skuldgevoel, amper soos wanneer jy n doring uit jou voet gehaal het as kind. Want die doring het so malklik uit gekom.
Comment by Frans van Heerden on June 29, 2011 at 3:55pm
Voorwaar n lekker debat! Wonderlik om te sien daar is nog fotograwe wat "skuldig" voel as hulle elektronies aan n foto verstel, dit spreek boekded van die waardestelse wat steeds in plek is. Ek het nog altyd aanvaar dat n fotograaf aan n digitale foto kan doen, presies wat ons in die ou dae in die donker kamer daaraan kon doen. Wanneer ek daardie grens oorsteek, begin ek op n grys gebied kom waar dit moeilik is om te besluit wat is kuns en wat is fotografie. Maar hoe gemaak as n mens nooit in n donker kamer met n Durst vergroter gewerk het nie? Hoe gaan jy dan weet? In so n geval, sou ek aan die "konserwatiewe" kant bly en manipulasie beperk.Ek dink Igno se raad is die heel beste - geniet net jou fotografie en maak dit jou eie!
Comment by Susan on June 29, 2011 at 2:59pm

My beskeie opinie. Photoshop (enige program) is jou donkerkamer.  In 1970 is 'n film ontwikkel in 'n donkerkamer en hoe het die fotograaf sy foto reg gekry? Meer of minder lig is toegelaat in die brandings proses, meer van 'n sekere gemekalie of minder van 'n ander is bygevoeg om die kleur te versadig.  Dit is al wat ons nou doen op ons rekenaar. Daar is nie 'n verskil nie.

DANKIE tog vir nuwe tegnologie dat ek nie vir ure en ure in 'n donker vertrek met 'n masker oor die mond en neus hoof te staan nie, en dat ek nie die horlosie mooi dop hoof te hou vir elke minuut nie, want dan was my foto's almal 'n vlop.

Ons moet ook net onthou dat ons in Natuur/wildlife ook geen veranderings mag aanbring soos vir nuusfoto's nie.

GENIET JOU FOTOGRAFIE..... 

Comment by Robert on June 28, 2011 at 9:46pm
al wat ek will se is profiter de vos photographies
Comment by Gerhard Beukes on June 28, 2011 at 8:36pm

dankie Igno en ek stem saam Giel. die belangrikste vir my is dat ek fotografie geniet en hier leer ek baie.

 

Comment by giel groenewald on June 28, 2011 at 7:16pm

Beter kon ek dit nie stel nie. Ek stem saam. Ek kan nie wag elke aand om na almal se kuns te kyk nie.Verander of nie, goed uitgevoer of nie ek geniet almal.Ek stop en ruik die fotoskool rose. 

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html