Kyk hier watter verskil maak iemand met n kamera - moenie dit misloop nie

Neem n paar minute en gaan kyk na hierdie webwerf:

http://www.wartoysproject.com 

Dis n puik storie van n fotograaf wat met sy kamera (sonder enige spesiale toerusting so ekstra lense of flitse), kinders in oorlog geteisterde gedeeltes help om die skok en trauma van oorlog, te verwerk.

Ons is so gelukkig en bevooreg om n stokperdjie te beoefen wat n dramtiese verskil in mense se lewens in hierdie stukkende wereld, te kaan maak.

Views: 164

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Karin Olivier on November 27, 2011 at 6:14pm

Hi Julle,

 

Almal kan 'n verskil maak - in Suid Afrika is ook so 'n "drive" ek het 'n artikel geskryf oor dit:

http://fotoskool.co.za/forum/topics/fotograwe-kan-n-verskil-maak?xg...

 

Comment by Frans van Heerden on November 18, 2011 at 11:12am

Julia Dankie vir jou opmerking.Die ou maak n verskil in mense, veral kinders se lewens -voorwaar prysenswaardig. Meer nog, dit motiveer n mens om jou kamera te gebruik en te leer en dit wat jy geleer het tot jou eie en ander se voordeel te gebruik. Hou aan en neem neem neem, "boffeingeid" kom vanself as n mens neem en neem en leer!

Comment by Julia Jansen on November 17, 2011 at 5:40pm

Sjoe...dis ongelooflik wat hy regkry met sy uitbeelding. Die naam (wartoys) is dubbelsinnig (en bietjie ironies). Vir iemand wat nog nie 'n boffin is met fotografie nie, kan ek net sê: wow, ek is beindruk!

 

Comment by Frans van Heerden on November 17, 2011 at 6:10am

Dankie Halie: Ek is seker jy kon iets uit die ou se Projek met die kinders leer. Vir die soveelste keer tref dit n mens dat ons soveel het waarmee ons soveel kan doen en tog is ons soms geneigd om dit te vergeet. Dit laat my onwillekeurig dink aan n uitspraak wat lui dat ons Eendag nie gevra sal word hoekom ons A, B of C gedoen het nie, of dit of dat ontdek het nie, maar dat Hy ons sal vra "Ek het jou soveel gegee, hoekom hoekom het jy so "min" geword? Beste wense vir jou praktyk en jou sessies met die foto nemery en die gebruik daarvan

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html