LANDSKAP FOTOGRAFIE:  DEEL 3

 ‘n Rivier of stroompie vloei deur ‘n landskap,  wat jy wil afneem. Hoe gaan jy die karakter hiervan weergee in jou foto? ‘n Groot stadig lopende rivier lyk en voel anders as ‘n vinnig vloeiende waterstoompie of waterval. Die water kan die fokuspunt in jou  komposisie wees. Jy  kan dit gebruik as ‘n  horisontaal , diagonal, of dalk gekurwe lyn, of as ‘n vorm wat ander elemente komplimenteer.

Wees op die uitkyk vir refleksies in water. Refleksies kan jou onderwerp komplimenteer of daarmee kompteer. Probeer balans in jou komposisie skep. Dalk kan jy die refleksie gebruik as die hoof onderwerp. Dit kan baie mooi, interessante en soms abstrakte beelde skep. Soms sal jy bietjie moet rondbeweeg om die refleksies of te elimineer of meer van te wys in jou foto. Miskien sal  jy op ‘n ander tyd moet terug kom om ander beligting  op jou onderwerp te kry? Gebruik ‘n polariseer filter om dele van die refleksie te elimineer en om kontras te verhoog. Roteer die filter totdat jy die regte effek verkry.

Onthou om jou driepoot te gebruik, as jy lopende water teen ‘n stadige sluiterspoed wil afneem,. ‘n Afstand of kabel  beheer om die sluiter te aktiveer, is baie handig hier, omdat net die druk van die sluiterknoppie, beweging in jou foto kan wys. Die “mirror lock-up”  funksie kan ook baie effektief  gebruik word, omdat die spieeltjie gelig word,  voor die sluiter geaktiveer word en so beweging voorkom. As jy hierdie tipe van fotos wil neem en daar is  baie lig teenwoordig, kan jy ‘n neutral density(ND) filter gebruik, om minder lig deur die lens te laat en so kan jy die sluiter langer oop hou.

Bosse en woude het hul eie uitdagings. Wat is die gevoel of emosie wat jy wil oordra in jou foto. Moet dit ‘n donker, broeiende of dalk ‘n ligte,  feetjieagtige atmosfeer oordra? Probeer ‘n element insluit,  wat jou aandag gaan fokus in die foto. Dit mag dalk  ‘n boom bas wees wat effens anders lyk, ‘n paadjie wat jou oog deur die bome lei , ‘n bietjie kleur wat iewers uitstaan.  Soek rond vir ligstrale wat deur die bome skyn of son wat dalk net op een kol die bos oppervlakte direk belig.

Of jy nou na die bos toe, of van binne af fotos neem, kyk rond vir patrone, lyne en ander elemente van komposisie wat jy in jou fotos kan gebruik. Probeer beide ’n wye en telephoto lens gebruik. ‘n Wye hoek lens, waar jy opkyk na die bome toe, sal hulle majestieus laat vertoon. ‘n Telefoto lens sal ‘n ry boomstompe nader aan mekaar laat vertoon.  Lê op jou rug en kyk reguit op na die boom toppe, of klim ‘n boom en neem ‘n foto waar jy afkyk in ‘n paadjie...J

Wye oop vlaktes is van die moeilikste landskappe om te fotografeer omdat daar baie keer geen onderwerpe is wat uitstaan en jou aandag kan fokus nie.  Die groot oop vlaktes is baie keer presies wat ‘n mens wil kommunikeer met sulke fotos, maar wees tog op die uitkyk vir iets uniek aan die landskap en ‘n element wat die skaal daarvan kan weergee. Soek na ‘n element wat jou oog in die foto kan inlei, ‘n paadjie, ‘n stroompie, ‘n heining... Onthou die reel van derdes. As die lug belangrik is, plaas die horizon op die onderste derde lyn van die foto, indien nie,  plaas dit op die boonste derde.

Kyk vir maniere waarop jy die harde, droë, dorheid, maar prag van ‘n woestyn kan oordra in jou fotos. Soek vir hittegolwe, gebruik ‘n lang lens om meer dramatise beelde te kry wat regtig sê “dis warm!” Gebruik ‘n wyehoek lens en maak die son deel van jou foto. Dit kan soms ‘n uitdaging wees om dit te doen, veral op ‘n helder dag, omdat jou kamera se ligmeter waarskynlik die ander elemente in jou foto sal onderbelig. Gebruik jou kamera se manuele verstellings of neem ‘n ligmeterlesing sonder die son in die foto, hou die sluiterknoppie halfpad in en stel dan jou komposisie saam en neem die foto. “Lens flare” kan ook hier problematies wees, maar soms wil mens dit juis insluit in jou foto. Wees op die uitkyk vir lyne teen duine, veral met sonop en sonsondergang.  Die kleur van die sand verander ook heel dag afhangende van die hoek van die son. Woestyne is ook ‘n wonderlike plek om ster fotos te neem, omdat dit gewoonlik baie donker is en die sterre baie meer en ekstra helder voorkom.

Kuslyne kan baie verskillende tonele insluit. ‘n Rustige tropiese strand met turquoise water en spierwit sand, stormagtige branders wat teen ‘n rowwe rotsagtige kuslyn slaan, ‘n volgepakte stand met honderde vakansiegangers. Watter tipe kuslyn gaan jy afneem en hoe gaan jy die karakter daarvan die beste weergee? Kyk vir elemente uniek aan daardie kuslyn, wat jy kan insluit om die gevoel daarvan te versterk en beklemtoon. Palmbome maak ‘n goeie raampie vir ‘n rustige tropiese strand, ‘n brander wat sproei oor ‘n rots beklemtoon die drama van ‘n ongerepte wilde kustoneel. Net soos in die woestyn, moet jy versigtig wees  vir sand in jou kamera, veral as jy lense wissel. Hierdie sand korreltjies gaan lê op jou kamera se sensor en kan dit lelik beskadig en is baie duur om te vervang.

Berge kan ook baie verskillende karakters vertoon. Is dit ongerep, verweer, majestieus, dreigend of misterieus. Kyk vir elemente wat hierdie eienskappe gaan versterk en gevoel sal oordra. Watter komposisie, hoek en lig gaan die mees gepas wees.

BAIE VOORSPOEDIGE NUWE JAAR OOK AAN AL ONS FOTOSKOLERS, EK WENS JULLE ‘N BAIE GESEENDE  EN ‘N BAIE OPWINDENDE FOTOGRAFIE JAAR TOE!

Views: 1053

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Maronel Steyn on January 22, 2013 at 1:10pm

Baie dankie vir die baie leersame inligting en die moeite wat jy daarmee gedoen het.  Ek waardeer dit baie.

Comment by Anita du Toit on January 12, 2013 at 7:14pm
Dankie Lientjie vir jou leersame blog en al die moeite wat daarmee gepaard gaan.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html